Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 18

NUUS Silo's – 'n Kort geskiedenis Senwes vier sy 110de bestaansjaar en ons kyk kortliks na alles wat verband hou met graan, graanhantering, silo's, ensovoorts.  Deur Senwes Scenario Span Hoogtepunte van die eerste 100 jaar 1 Julie 1909 Die eerste mielies word by Klerksdorp stasie ontvang deur “De Centraal Westelijke Co-operatieve Landbouw Vereniging". 1913 Senwes se graanbelange word uitgebrei na die Oranje Vrystaat. In 1917 word die eerste algemene jaarvergadering vir die Vrystaat gehou te Rendezvous (vandag bekend as Viljoenskroon), wat as dorp aangelê is in 1921). Rendezvous was die eerste vaste eiendom van Senwes in die Vrystaat. 1926 Die bou van 'n spoorhyser deur die SA 16 SENWES SCENARIO | HERFS 2019 Spoorweë begin. Mielies word in losmaat ontvang. Doel: om uitvoere na Europa moontlik te maak. 1945 Maalaktiwiteite word gevestig en die aankoop van meulens word oorweeg. Gedurende die jaar koop Senwes meulens in Heuningspruit, Champion (Kroonstad) en Lederle (Theunissen). In 1946 koop Senwes Acme (Klerksdorp) en Tweespruit meulens. Zastron Meule word in 1949 aangekoop. 1960 Metrisering en rekenaartegnologie word geleidelik in die landboubesigheid ingefaseer. 1961 Senwes lei die silobouprogram in Suid- Afrika. 1962 'n Uitgebreide graanhyserprogram word geloods ten einde losmaatgraan beter te kan hanteer. 1970 'n Uitgebreide graanhyserprogram word geloods ten einde losmaatgraan beter te kan hanteer. 1971 Skale en weegbrûe word omgeskakel na metrieke mate. 1972 'n Nuwe voer- en oliepersaanleg word by Viljoenskroon opgerig en word amptelik geopen in 1973. 1992 Kroonstad Wes Koöperatief Beperk amalgameer met Sentraalwes Koöperatief Beperk.