Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 16

NUUS Senwes verwelkom Staalmeester tot die familie In Oktober 2018 het Senwes kragte saamgesnoer met een van die mees ervare en grootste landbou-implementmaatskappye in die Noordwes, naamlik Staalmeester. Die vennootskap het ontstaan weens 'n behoefte by beide maatskappye om hul voetspoor uit te brei en hul impak in hul onderskeie markte te versterk.  Deur Kefiloe Manthata Senwes Joernalis O ns het Martin Coetzee uitgevra oor die rede waarom hulle met Senwes kragte saamgesnoer het, waarop hy soos volg gereageer het: “As 'n eenmanbesigheid, met net myself aan die stuur, is daar net soveel wat jy kan doen. Jy kan net soveel invoer, net sover alleen groei. Met 'n transaksie soos dié, kan die nalatenskap van my oupa my oorleef en is daar geen perke nie.” Martin sien uit daarna om die beste te maak van die uitbreidingsgeleenthede wat hierdie samewerking vir Staalmeester sal bring. Een van die baie positiewe aspekte wat hieruit voortvloei is dat Staalmeester, via die Senwes Equipment takke, nou 'n groot 14 SENWES SCENARIO | HERFS 2019 klantebasis sal kan diens en sy produkte op groter skaal sal kan verkoop. GESKIEDENIS Staalmeester is in 1951 deur Lourens Coetzee gestig. Lourens Coetzee was toe 'n onderwyser en het sy passie vir handewerk gekombineer met sy begeerte om plaaslike boere in die gebiede rondom Hartbeesfontein te help. In sy spaartyd het hy die eerste mobiele boondopper ooit in Suid-Afrika gebou, wat hom op 'n pad geplaas het wat uiteindelik tot sy bedanking uit die onderwys gelei het om toerusting op 'n heeltydse basis te bou. En dit is hoe Staalmeester ontstaan het. Die maatskappy het met 'n beperkte reeks begin en geleidelik oor tyd gegroei. Van die vyf kinders wat Lourens gehad het, was Martin Coetzee die een wat die meeste belangstelling daarin getoon het om die leisels by sy pa oor te neem. Martin het die maatskappy by sy pa gekoop in die mid-tagtigerjare en het sy reeks begin uitbrei en begin spesialiseer in hooimasjiene. Martin was ook die eerste wat ondersoek begin instel het na invoer- en uitvoergeleenthede vir die maatskappy. In die jaar 2000 het hy 'n behoefte geïdentifiseer vir toerusting wat nie in die Suid-Afrikaanse mark beskikbaar was nie en het begin om kuilvoerkerwers uit Brasilië in te voer. Toe sy pa in 2013 oorlede is, het hy met die hulp van sy ma, die bestuur van die maatskappy oorgeneem. Saam het hulle die besigheid na 'n hoër vlak geneem. Staalmeester doen vandag invoere uit 8 verskillende lande en het 'n produkreeks van 110 verskillende landbouprodukte.