Senwes Scenario April / Mei 2019 | Page 12

Tema: Oestyd LANDBOUKUNDIG Wenke vir Herfs en Vroeë Winter Die laat reëns dié seisoen, met gepaardgaande laat aanplantings, gaan ʼn laat oes tot gevolg hê. Die eerste ryp, wat gewoonlik vanaf 5 April begin voorkom, kon reeds plek- plek voorgekom het.  Deur Petrus van Staden Senwes Senior Agronoom en Boet van Zyl Senwes Senior Landboukundige Ekonoom D KORING ie reën vir someraanplan­ tings het relatief laat gekom en sekere distrikte kon nie somergewasse plant nie. Die goeie reënneerslae wat redelik wydver- spreid vanaf middel Januarie voorgekom het, het die grondwater in sommige dele sodanig verbeter dat die grondprofiel vol water is. Al hierdie faktore maak dat pro- dusente weer deur ‘n ander bril na koring kyk vir die winter. Indien eie saad vir koringaanplantings teruggehou word, is dit belangrik om ekstra aandag te gee aan faktore wat ‘n goeie stand verseker. Die saad moet gesif word, gevolg deur ‘n swamdoder saad- behandeling. Neem die voorafgaande bewerking en bestuursprogram met na- werkingperiodes in ag. Die plantertegno- logie moet optimaal wees. DEKGEWASSE Indien dit moontlik was om laat mielies of sonneblom te plant, behoort die normale hoeveelheid plantreste as beskerming teen winderosie beskikbaar te wees. 10 SENWES SCENARIO | HERFS 2019 Indien nie, sal die aanplant van koring vir kontant- en/of dekgewasse vir voer en winderosie, sterk aanbeveel word. Die tegnologie beskikbaar het ‘n hele reeks van gewasse, kultivars en mengsels beskikbaar wat vir ʼn spesifieke doel aangewend kan word byvoorbeeld: • Om waaiskade te keer – kies ‘n kultivar wat vinnig- en regopgroeiend is. Dit behoort op ongeveer 50 cm hoogte doodgespuit te word. • As bron van wintervoeding vir bees of skaap. Met korrekte bestuur kan ge- noeg materiaal gelaat word om waai- skade te keer. • In 'n rotasiestelsel kan dit baie goed by bewaringsboerdery inskakel. Die langtermynvoordele op grondgesond- heid behoort benut te word. Dit het ‘n regeneratiewe gevolg in die grond wat fisiologiese stremming as gevolg van klimaatswisseling potensieel kan buf- fer. VEE Die relatiewe laat reën kan tot gevolg hê dat selfs sommige ekstensiewe veeboere ‘n moeilike winter op hande het, en moet op die volgende gelet word. • Voorsien ‘n goeie proteïenlek sodra die eerste ryp voorkom. • Waterkrippe moet altyd skoon wees, veral waar oesreste benut word. Die graan in die water veroorsaak ‘n gis- tingsproses wat die water onsmaaklik maak. • Indien winterweiding volumegewys ‘n probleem is, raak betyds ontslae van ou en surplus vee. ‘n Paar rand minder nou is meer werd as ‘n vel in September/Oktober. Kry kontantvloei reg en sorg vir die kernkudde. • Verkoop al die jong groeiende diere indien daar alreeds ʼn voerprobleem is en geen voerreserwes vir die winter bestaan nie. • Indien oesreste bewei word, gebruik die stiller tyd om die omheinings en watervoorsieningspunte op te knap. VIR DIE MIELIEBOER MET ’N VEEVERTAKKING: Die seisoen is gekenmerk deur laat aanplantings en die voorkoms van hael. Mielies wat hetsy deur hael of eerste ryp beskadig is voordat dit fisiologies volwas- senheid bereik het, kan benut word deur dit te sny vir kuilvoer of as weimielies. Die voorskrif vir die hantering en benutting van sulke plantmateriaal, behoort in ag geneem te word vir sukses. Indien dit nie in 'n eie veevertakking benut kan word nie, kan dit verhandel word.