NUUS
50 | Dipsie
Lichtenburg, Bloemfontein, Royal en
Nampo. Wat maak haar so spesiaal? Wel,
sy is ‘n mediumraamkoei, het ‘n goeie
uier met baie melk, goeie konformasie,
diepte en breedte en is struktureel
korrek. ‘n Uitskieter in die ware sin van
die woord! Dipsie gaan gebruik word vir
embriospoeling om soveel as moontlik
van haar besondere genetika in die stoet
te vermeerder. Verder het Paddy, Dipsie
se 2018-bulletjie, boonop die potensiaal
om in haar spore te volg. Hulle sê mos,
elke bul se ma is ‘n koei maar in dié geval
is dit Dipsie, ‘n kampioenkoei.
Hinterland Interraskampioenskappe @
Alfa
Hinterland bied met hulle kampioen-
skappe ‘n wonderlike vertoonvenster vir
kampioene van alle rasse. Skou, soos
in die Oelofses se geval, is ‘n sinvolle
bemarkingsgeleentheid. Alhoewel daar
addisionele koste aan skou verbonde
is, oortref die voordeel wat hierdie stoet
uit skoudeelname verkry, die uitgawes
verbonde daaraan. Die feit dat Dipsie
so uitstekend presteer het, het haar
waarde aansienlik verhoog. “Wie sou
van haar geweet het as sy nie hierdie
skouprestasies behaal het nie?,” vra
Chris. Te danke aan Dipsie se prestasies
is haar ma, Dittie, onlangs op ‘n veiling
vir ‘n uitsonderlike hoë prys aan ‘n
Simmetalerteler verkoop. Maar dit gesê, is
kompetisies, verskoon die woordspeling,
vir hulle nie die alfa en die omega nie.
Raad aan nuwelinge
Chris is positief oor stoetteling en beveel
dit graag aan vir beesboere met ‘n
liefde vir Simmentalers. Onthou, die
loopkoste van stoetbeeste is dieselfde as
vir kommersiële beeste. Stoettelers kan
hoë pryse behaal vir diere wat geneties
meerderwaardig is, terwyl kommersiële
beeste, ongeag hul kwaliteit, ‘n plafon het
waarteen hul verkoop.
Hulle raad aan toetreders is eenvoudig:
Moenie noodwendig die duurste diere
op veilings koop nie, moenie toppryse
najaag nie en vermy oorhaastige koop-
transaksies. Besoek verskeie kuddes
en streef daarna om struktureel korrekte
diere met goeie teelwaardes te koop. ‘n
Belangrike brokkie raad van Chris is om
die beste bul wat jy kan bekostig, te koop
en van KI gebruik te maak om nageslag
van geneties meerderwaardige bulle te
teel. Deelname aan prestasietoetsing is
ook onontbeerlik. Laastens beveel hy aan
dat jy jou oë en ore oophou en na die
mark luister.
Die Oelofses voel die lof kom nie hulle
alleen toe nie, maar ook elke personeellid,
in besonder Jors Kgosietsile, haar
hanteerder, wat ‘n aandeel in Dipsie se
prestasie gehad het. Met die passie van
Pieter, en ‘n bietjie geluk, gaan hulle die
toekoms in om hopelik nog vele trofeë in
te palm. Teel so voort Oelofses!
Ontsluit jou potensiaal met
DEKALB ® -innovasie
ES
OU SUKS
PLANT J
DEKALB ® wens graag
vir Senwes Scenario
geluk met hul 110de
bestaansjaar.
DEKALB® is ’n geregistreerde handelsmerk van Monsanto Technology LLC.
Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.
www.dekalb.co.za
DEKALB SA
52
SENWES SCENARIO | HERFS 2019
DEKALB South Africa
dekalbsa
@DEKALB_SA