Senwes Scenario April / Mei 2018 | Page 66

RUBRIEK TUIN Kos vir die siel Die werklikheid is nie net 'n illusie nie I Milanie Vosloo s uitsientye illusies? Drome waaraan ons vashou om deur die moeilike tye te kom? Of kan ons régtig met ’n verwag- ting leef? Elke jaar beleef ons dit: Ons sien uit na ’n vakansie, De- sembermaand se saamwees met familie, na ’n groot geleent­ heid, na... en dan? Dan is dit toe níé so wonderlik as wat ons gedink het. Die uitsientyd is om baie redes, nie so goed as waarop ons gehoop het. Of die oomblik gaan verby en ons be- trap onsself dat die lewe en sy probleme toe maar net tydelik op “pouse” was. Alles is maar besigheid-soos-altyd en mense bly maar ménse. Dan wonder mens: Is dít nou die léwe? Waarskynlik ja en nee. Ja, baie omstandighede gaan nie ver­ ander en ons het ook nie beheer daaroor. Ja, ons bly maar gebroke mense, wat mekaar soms verkeerd opvryf, ondanks ons beste pogings, en ja, die lewe is en sal nooit maklik wees. Gelukkig is daar ook ’n “nee”! Want nee, ons hoef nie in sak en as ons lot te aanvaar. Iewers is daar altyd oplossings, beter maniere of ander paaie. En hoewel ons as mense sukkel om te verander, hoef ons nie op mekaar se negatiewe en verkeerde te fokus nie. Diep binne-in elkeen is daar iets goed, lê die mooi verskuil onder die stukkende buitekant. En nee, die lewe wat ons sien, is nie die enigste. Terwyl ons ons blind staar teen die eendimensionele fisiese, speel daar ’n ander toneel in die geestelike dimensie af... is die Gees besig om te werk waaraan ons nie eens kan dink of wat ons jare later eers raaksien. Mag ons elke dag leef met die diep wete dat daar meer om en in ons gebeur omdat daar ’n God is wat anders na dinge kyk, optree en anders as ons lief het. Dan is die werklikheid nie ’n illusie nie, maar ’n leerskool vir die groter tuiste wat kom. Vader, help my om te onthou dat terwyl ek in my klein wêreldjie stoei, U met soveel groter, beter en mooier besig is. Help my om daardie werklikheid raak te sien! Wen met Senwes en Cum Uitgewers Hoop wat kaalvoet loop is in Augustus 2016 uitgereik en is teen R179.95 op die rakke. Een gelukkige leser kan ’n kopie wen van Hoop wat kaalvoet loop, 101 dagstukke vol hoop en inspi- rasie wat jou siel sal verkwik. SMS Senwes, Cum, jou naam, telefoonnommer en e-posadres na 31022 voor 31 Mei 2018. Standaard sms-tariewe geld en geen werknemers van Senwes mag deelneem nie. Vir die volledige kompe­tisiereëls, besoek die webtuiste www.senwes.co.za. 64 SENWES SCENARIO | HERFS 2018 63 | Werk nóú aan jou tuin vir die winter en lente en struike aan te plant. Berei die gat voor deur van die grond met kompos te meng, een deel grond met twee dele kompos. Dit is altyd goed om beenmeel onder in die gat te strooi. Gate moet ook vierkantig in plaas van rond wees om wortelgroei sodoende uitwaarts aan te moedig.  Alle uitgeblomde somerblomme moet nou verwyder word.  ‘Mulch’ in beddings beheer grondtemperature en help dus met ons koue winters.  Die tyd is reeds nou om jou saad te saai vir jou winter- en lentetuin - dit sluit in gesiggies, Afrika daisies, wintersbolle, California papawers, mesembryonthemus, virginia stoks, calendula, pienk ertjies en felicia. Groentes is soos ertjies, wortels, beet, uie (Texas Grano), al die koolfamilies en blaarslaai. Dit is dan nou ook die tyd om stiggies te maak. Vir harde- hout stiggies maak asseblief seker die takkie is geënt en sny net onder nodule (waar die blaar uitkom) af. Die punt kan in harmpoeier gedruk word of in ’n flou oplossing van heuning en water. Plant in baie goeie dreineergrond en hou klam. Die volgen- de plante val in hierdie kategorie: hibiscus, abelia en hydran- gea. Stiggies van van begonias, impatience, irescene, colias en plektranus kan in water ingelê word om wortel te skiet. Peste is nog aanwesig, so wees asseblief op die uitkyk vir aphids, slakke, blaarmyner, (blare krul) en dopluise. Gifstowwe om te gebruik sluit in plantbeskermer, Snailban, Snail Flow Eco Insect Control, Malasol en Oleum. Miere is jou mees skuldige party wat peste na jou tuin toe aandra. Daar is ’n groot verskeidenheid miergif op die mark. Deur jou miere dus te beheer en te kontroleer, beperk jy so­­ doende die skade wat peste in jou tuin kan aanbring. Wees produktief in hierdie volgende tydperk en pluk die vrugte in die winter en lente.