PERSPEKTIEF
Die wonderlikste tyd van
die jaar - oestyd!
“Anyone who will eat his seeds today will be hungry tomorrow
because he has nothing to plant and nothing to harvest later.”
Deur Jenny Matthews
M
iskien is ek nog sterk onder
die indruk van een van my
gunsteling gedigte, ‘To
Autumn’ deur die Engelse
romantiese digter, John Keats: Season
of mists and mellow fruitfulness, Close
bosom-friend of the maturing sun;
Conspiring with him how to load and
bless with fruit the vines that round the
thatch-eves run’; maar ek moet bieg -
oestyd is dié tyd van die jaar waarna ek
die meeste uitsien! Herfs is in die lug en
die effense byt is verfrissend na die lang,
droë hitte van die somer. Die bome begin
hul blare verloor en die eerste ryp is om
die draai - die swaeltjies begin ook reeds
voorberei vir hul migrasie. Dit is ook die
hoogtepunt van die seisoen se aktiwiteite
en harde werk - soms letterlik dag en
nag - grondvoorbereiding, die herstel van
’n trekker deur die nag sodat die plant-
program betyds afgehandel kan word of
die monitering van oeste deur die seisoen
om probleme te identifiseer. Alles word
gedoen in afwagting van die oestyd!
Met die draai van die seisoen van somer
na herfs, is daar ook ’n verandering in
die gemoedstoestand van die produsent.
Waar hy eers angstig op die uitkyk vir
reënwolke was en letterlik wag gehou het
teen onkruid en peste, sien hy nou, met
oestyd, die volvoering van sy werk en kan
hy bepaal of sy harde werk die moeite
werd was. Na ’n goeie seisoen is daar
niks so bevredigend as om op ’n stroper
te sit en te kyk hoe die buise vol mielies
62
SENWES SCENARIO | HERFS 2018
word nie en hoe die pitte in wagtende
trokke stroom om by die naaste graan-
silo’s afgelewer te word. Oestyd is die
hoogtepunt van die boer se hoop - en dit
is 'n seisoen van dankbaarheid.
As onskuldige kind het ek uit volle bors
die volgende gesang gesing:
“We plough the fields, and scatter the
good seed on the land, but it is fed and
watered by God's almighty hand. He
sends the snow in winter, the warmth to
swell the grain, the breezes, and the sun
shine, and soft, refreshing rain.”
Ek het egter eers nadat ek met ’n pro-
dusent getroud is en ons alles wat ons
het in die nuwe oes belê het - finansies,
bloed, sweet en trane - waardering gekry
het vir die dankbare trant van dié gesang
en vir die wyse waarop ’n goeie oes die
hart vervul met dankbare vreugde. Ek het
toe eers die vertroue en hoop in die hart
van ’n boer wanneer hy vol verwagting
saad in die grond plaas, in afwagting
op ’n oes, verstaan. As boervrou het ek
uiteindelik begrip ontwikkel vir die omvang
van ons afhanklikheid van 'n goeie oes,
waarmee ons ons gesinne moet voed, ons
rekeninge moet betaal en hopelik in ons
boerdery moet herbelê om dit uit te brei.
Die Amerikaanse entrepreneur en motive
ringspreker, Jim Rohn, wat as plaasseun
in Idaho grootgeword het, het gesê: “The
greatest form of maturity is at harvest
time. This is when we must learn how to
reap without complaint if the amounts are
small and how to reap without apology if
the amounts are big.” As gesin het ons
ook al telkemale die koel herfs met swaar
harte ingegaan na ’n swak oes, met ’n
inkomste wat beteken dat ’n moeilike
jaar vir ons voorlê. Maar dan plant ons
weer, en ons harte is vol hoop en ons
kyk vorentoe, ons hoop en vertrou dat
dit sal goedgaan want dis ’n nuwe sei
soen, ons het nuwe energie en hoop. My
man beweer dat die rede vir die ewige
optimisme van die boer verduidelik word
in die “Wet van Gemiddeldes”. Daardie
reuse oes.. wel, dit kom altyd nog...
‘aankomstige jaar’! Volgens die Wet
van Gemiddeldes sal alles uitwerk op ’n
gemiddeld - die Wet van Gemiddeldes
wen uiteindelik! Dit leer ons om te aanvaar
dat, ongeag ons beste pogings, slegte
goed soms gebeur. Die boer vertoef nie
by die negatiewe nie en hy vra homself
ook nie af waarom hy so hard moet werk
met geen waarborg vir ’n oes nie. Boere
is verbind tot die langtermynsiening en
werk deurlopend hard om hul doelwitte te
bereik
Jim Rohn sê die storie van die Wet van
Gemiddeldes word beklemtoon in die
Gelykenis van die Saaier en ons kan ver-
skeie lesse daaruit leer:
Eerstens, die saaier was ambisieus
en tweedens, hy het uitstekende saad
gebruik.
Daar was egter ’n paar uitdagings::
Die eerste saad het langs die pad
geval en die voëls het dit opgepik.
Rohn sê: Jy moet weet dat die voëls
van jou saad gaan oppik. Maak vrede
daarmee en hou op om jou daaroor te
verknies.
…En die saaier het aanhou saai.
Rohn sê: Die geheim vir sukses - vol-
harding.
Maar toe val die saad op klipperige
grond…
Rohn sê: Dis nie jou skuld dat die saad