Senwes Scenario April / Mei 2018 | Page 62

MENSLIKE HULPBRONNE Trauma in die werksplek Baie situasies in die werksplek kan aanleiding gee tot trauma of werknemers aan trauma blootstel. Deur Senwes HR Department W erkgewers kan nie waarborg dat werknemers nooit bloot- stelling sal hê aan trauma in die werksplek nie. Hulle kan egter die nodige aksie neem om die effek van blootstelling aan trauma te verminder deur te verseker dat werknemers toegerus is met die regte hulpbronne, soos die vermoë om midde-in ʼn situasie te reageer en om toegang te hê tot die nodige strate- gieë ten einde die situasie te kan hanteer. Potensiële trauma in die werksplek kan blootstelling aan die volgende insluit: • Stresvolle insidente – dood, smart, selfdood of besering, wat verband hou met die werksituasie en persoonlike situasie. • Ondernemingstressors – gebrek aan hulpbronne in die werksomgewing, afknouery, dreigemente, teistering, kwaadwilligheid, uiterste isolasie, chroniese druk, onopgeloste konflik, ensovoorts. • Fisiese stressors – lawaai, chaotiese omgewing, gevoel van geen beheer oor spasie, vrees oor fisiese veiligheid, skerp/flitsende ligte, uiterste hitte of koue, konstruksie en ander ongunstige fisiese toestande. • Eksterne bedreigings – ontruiming van werknemers of werknemers wat nie toegelaat word om ’n spesifieke perseel te verlaat nie, brande of roof- togte. Waar moontlik, berei personeel voor om te reageer op potensiële trauma op so ’n wyse dat die risiko van leed verminder. Wyses waarop dit benader kan word is om ’n potensieel traumatiese gebeurtenis na te boots of met personeel te bespreek om diegene wat blootgestel is, voor te berei. Dit kan nabootsings van dreigende tele- foonoproepe insluit, ’n fisiese konfrontasie of ’n lewensbedreigende insident. Die oefening moet die protokol aanspreek waarvolgens die situa­sie hanteer moet word, asook die potensiële impak op werknemers. Dit help om werknemers sielkundige voor te berei. Wanneer ’n traumatiese ge­beurtenis wel plaas- vind, sou dit wys wees om bystand vanaf ’n professionele persoon, ’n maatskaplike werker, berader of sielkundige te bekom. Indien een nie geredelik beskikbaar is nie, neem die werknemer(s) na die naaste fasiliteit wat 60 SENWES SCENARIO | HERFS 2018 traumapasiënte kan hanteer (regerings- fasiliteite bied gratis onder­steuning in die verband). Voorkom die volgende wanneer trau- matiese gebeurtenisse plaasgevind het: • Moenie die situasie ignoreer nie - Net omdat die werknemer rustig en kalm voorkom, beteken nie dat hulle geen vrae of bekommernisse het. • Moenie reaksie uitstel nie - Dit verg ware leierskap om die waarde van onmiddellike reaksie te verstaan en om die regte hulpbronne te bekom. • Moenie kommunikasie onderdruk nie - Werknemers moet daaroor praat, met of sonder die werkgewer se onder- steuning. Trauma het 'n impak of elke aspek van ’n werknemer se emosionele welstand en produktiwiteit. Deur die veelvuldige minder dramatiese stressors te herken en aan te spreek, kan jou maatskappy die nodige aksie neem om trauma te voorkom en te behandel voordat die effek daarvan katastrofiese afmetings neem. Deur ’n werksplek te skep wat nie werknemers traumatiseer nie, kan jy as werkgewer nie slegs die geweldige koste van trauma ver- minder nie, maar jy kan ook help om die latente kreatiewe en produktiewe poten­ siaal van jou werknemer te ontsluit. Bronne http://humannatureatwork.com/article/the- hidden-cost-of-workplace-trauma, https://www.workplacestrategiesformen- talhealth.com/job-specific-strategies/ workplace-trauma, https://www.optum.com/content/dam/ optum/resources/whitePapers/5218_ CIRS_White_Paper_08062014.pdf