Senwes Scenario April / Mei 2018 | Page 60

MARKTE Graanmarkvooruitsigte Artikel geskryf: 13 Maart 2018 Met oestyd wat naderkruip begin produsente se fokus verander vanaf die produksie van graan na die bemarking daarvan. Die realiteit van lae pryse teen die agtergrond van meer as voldoende voorraadvlakke, beklemtoon die belangrikheid van korrekte bemarkingsbesluite. Deur Hansie Swanepoel Senwes Grainlink Markanalis M et die betreklike lang tydperk tussen die skryf en publi­ka­ sie van hierdie tipe artikels raak dit byna onmoontlik om ’n toepaslike scenario-analise te bied wat kan help om ’n bemarkingsbesluit te fasi- liteer. Daar word dus slegs gepoog om ’n makro-ekonomiese oorsig op die belang­ rikste prysdrywers te gee. Figuur 1: R/$ grafiek 58 SENWES SCENARIO | HERFS 2018 WISSELKOERS Veranderings in die R/$ wisselkoers het ’n wesenlike impak op plaaslike graanpryse. Oor die langer termyn is die rand besig om te versterk – daar is nie tans aandui­ dings dat hierdie tendens besig is om te verander nie. Daar word egter nie wesen- like versterkings verwag nie – daar kan dus stabiliteit rondom R12/$ verwag word. INTERNASIONALE MARKTE Die internasionale mark is nou in die tyd- perk waar die Suidelike Halfrond se oeste gefinaliseer word, terwyl die Noordelike Halfrond se oeste aan die begin van die plantseisoen staan. Die belangrikste rol- spelers hier is die produksie vanuit Suid- Amerika in die suide en die VSA in die noorde. Suid-Amerika Brasilië het ’n goeie produksieseisoen ervaar, met oeste wat naby aan laasjaar se rekordoeste is. Die groot oeste in Brasilië word egter gedeeltelik afgespeel deur ’n merkbaar swakker oes in Argentinië. Bron:Reuters