VERSEKERING
Wat het ’n vrou
en versekering in
gemeen?
Deur Mbali Skosana
“Beide is baie duur en moeilik om te ver-
staan, maar bied wonderlike ondersteuning
wanneer jy dit nodig het.”
S
o sê Irene van Zyl, ma van twee tieners en ʼn Certisure
makelaar in Hartswater. Die beste raad wat sy vir haar
kliënte het is dat, alhoewel versekering ʼn teensinnige
belegging is, dit baie goedkoper en meer verantwoor-
delik is om versekering te hê wanneer ʼn motor herstel moet
word, gesteelde eiendom vervang moet word of jy die gevolge
van ʼn mislukte oes moet dra.
Versekering was nooit deel van die plan nie, aangesien sy in
die vervoerafdeling van ʼn Vaalharts-koöperasie begin werk het
na voltooiing van haar B.Ekonomie-graad aan
die Universiteit van die Vrystaat. Die geleent
heid om by die versekeringsbedryf aan
te sluit het ʼn jaar later gekom en sy het
reeds ondervinding in alle dissiplines van
die bedryf: eise, onderskrywing en oes-
versekering, wat haar kennis tot ʼn groot
mate uitgebrei het. In 2016 is sy bevorder
van assistent-makelaar tot makelaar en sy
sien uit daarna om haar vaardighede ver
der op te skerp, vir minstens nog ʼn dekade.
Irene van Zyl
Irene sê dat daar na 23 jaar steeds
daagliks nuwe uitdagings is, maar sy
probeer positief bly en haarself verbeter. Die grootste uitdaging
vir ʼn versekeringsmakelaar is deurlopende nuwe wetgewing en
regulasies waaraan voldoen moet word. Die onderskeie verse-
keringsmaatskappye plaas deurlopend nuwe en veranderde
produkte in die mark ‘’ʼn Mens moet op hoogte en aan die voor-
punt bly, die hele tyd,” sê sy.
Irene se kantoor hanteer oesversekering vir koring, gars,
mielies en pekanneute teen hael, vuur en in-transitoskade. Sy
fokus hoofsaaklik op die persoonlike lyne-mark - haar klant is die
gemiddelde man/vrou wat sy/haar motor, huis en persoonlike
items wil verseker.
Vir die beste versekeringsoplossings in Hartswater, skakel Irene
by 087 004 1316, of epos haar by [email protected].
54
SENWES SCENARIO | HERFS 2018