Senwes Scenario April / Mei 2018 | Page 55

FINANSIES fonds na aftrede oor te dra. BOEDELBEPLANNING Kliënte met boedels van R30 miljoen en meer sal nou voorsiening moet maak vir ʼn addisionele 5% boedelbelasting aan- gesien die koers hiervoor toegeneem het tot 25%. Skenkingsbelasting vir bedrae oor R30 miljoen is ook tot 25% verhoog. Dit volg noudat hoër netto waarde kliënte sal moet verseker dat beplanning vir hierdie ver- hogings gedoen is. Dit het nou selfs belangriker geword om te verseker dat welvarende kliënte met boedels van meer as R30 miljoen, genoeg­same likiditeit het om boedel­ uitgawes aan te spreek, wat nou ook ʼn verhoogde boedelbelastingverpligting sal insluit. Onthou dat enige lewensversekerings­ polis wat uitgeneem word ten einde likiditeit aan die boedel te verskaf, indien betaalbaar aan die boedel as ʼn genomi- neerde begunstigde, nie net hoër boedel- belasting teweeg sal bring nie, maar ook eksekuteursfooie. Gevolglik is dit belang­ rik om die opbrengs te verhoog om voor- siening te maak vir boedelbelasting teen 25% in boedels wat R30 miljoen oorskry en eksekuteursgelde teen 3,5%, plus BTW van 15%. Die uitwerking van artikel 7 C van die Inkomstebelastingwet moet ook versigtig oorweeg word aangesien die geagte skenking waar geen rente gehef is nie, aansienlik vir hierdie bedrae kan toeneem. Bo en behalwe dit lyk dit asof die ampte- like rentekoers wat op hierdie lenings- rekeninge van toepassing is, ook vanaf repo plus 100 (huidig 7,75%) tot die nuwe koers van prima verhoog is. Vergelyk ons dit met Standard Bank, dan is dit 10,25%. Dit sal die effek selfs meer verhoog. IN OPSOMMING As gevolg van die positiewe reaksie op die politieke ontwikkelinge in die afgelope tyd, is daar ʼn kultuur wat progressiewe, etiese en beslissende leierskap aan- moedig en wat eis dat ʼn kultuur van belastingmoraliteit geskep word. In die lig hiervan sal belastingontdui- king en belastingvermyding nie geduld word nie en sal meganismes soos wigte en teenwigte tussen die SAID en die Minister van Finansies geskep word wat sal insluit die versterking van die Kantoor van die Ombud sowel as die vestiging van ʼn Kommissie van Ondersoek na Belastingadministrasie en -beheer by die SAID. Die outomatiese uitruil van inligting tussen lande sal verseker dat die SAID hul stukkie van die koek vanuit ʼn belas­ tingperspektief ontvang, hetsy ten opsigte van individue of maatskappye. SENWES SCENARIO | HERFS 2018 53