Senwes Scenario April / Mei 2018 | Page 54

FINANSIES Persoonlike finansiële beplanning: Hou jou oog op die doelwit Hoe presies sal die veranderinge wat in die begrotingsrede genoem word, u persoonlike omstandighede beïnvloed? D AFTREEBEPLANNING BEGROTINGSREDE 2018 Die Nasionale Begrotingstoespraak 2018 is al lankal die onder­ werp van bespreking en baie Suid-Afrikaners het met asems opgehou en ʼn bak springmielies gewag om te hoor hoe die Minister van Finansies sy bes gaan probeer om die moeilike taak uit te voer om die finansiële belange van die staat met die finan- siële belange van die publiek te probeer balanseer. Malusi Gigaba, Minister van Finansies, het sy eerste begrotings­ rede onder wydverspreide bespiegeling dat dit ook sy laaste begrotingsrede kan wees, gelewer en het probeer om duidelik­ heid te gee oor hoe die beraamde begrotingstekort van ongeveer R48,2 miljard aangespreek en verminder sal word. Oor die afgelope paar jaar het geleidelike verhogings in belasting ʼn gewoonteverwagting in Suid-Afrika geword, maar as gevolg van die massiewe begrotingstekort is geleidelike toenames net nie genoeg nie en is ʼn sterker benadering eerder gebruik. 2017 was ʼn op-en-af rit vir Suid-Afrika en daar was druk op die staat om nie net stadige ekonomiese groei, resessies en afgra- derings aan te spreek nie, maar ook om gratis hoër onderwys te verskaf en die finansiële impak op laerinkomstehuishoudings en die werkloosheidskoers te verminder. Dit is nie ʼn klein takie nie en die hoeveelheid fondse wat nodig is om bogenoemde te doen, moet van iemand ingesamel word, naamlik belastingbetalers. 52 SENWES SCENARIO | HERFS 2018 ie maksimum koers van 45% bly onveran­ derd vir die 2018/2019 belastingjaar en daar is geringe belastingverligting vir laerinkomste­verdieners. Daar was geen verandering in die belastingkoers op kapitaalwinsbelasting en dividendbelasting nie, en daar was ook geen verhoging met betrekking tot rentevry­ stelling nie. Dit is belangrik om te verseker dat kliënte die effek van bykomende belasting en heffings verstaan wat ​​ soms ongesiens aftreespaargeld wegvreet. Alhoewel inkomstebelasting relatief dieselfde bly, het BTW met een persent tot 15% toegeneem. Die brandstofheffing is ʼn bykomende 52 sent vir elke liter wat gebruik word. Al hierdie veranderinge eet in jou finansiële doelwitte in en moet ingereken word. Ons moet ook in gedagte hou dat daar voorge­stel is dat die belastingvrystelling wat op buitelandse pensioe­ ne toegepas word ten opsigte van dienste wat in die buiteland gelewer word, hersien moet word. Daar word ook oorweeg om die behandeling van pensioen- en voorsorgfondse ten opsigte van emigrasie in ooreen­ stem­ming te bring met die hantering van uittree-an­nuï­ teite. Benewens bogenoemde, is die langverwagte voorstel om afgetredenes toe te laat om hul voordele van pensioen- en voorsorgfonds na nie net uittree- annuïteits­fondse nie, maar ook na pensio