Senwes Scenario April / Mei 2018 | Page 52

FINANSIERING Senwes Credit bied unieke oplossings aan kliënte Senwes Credit het homself oor die afgelope dekade bewys as hoeksteen van Senwes se besigheidsmodel en strewe voortdurend daarna om ’n beter diens en waardeproposisie aan kliënte te bied. Deur Francois de Kock D ie landbou-omgewing veran­ der teen ’n geweldige tempo en kliënte se vereistes raak al hoe meer en meer gekompli- seerd. Daar word van landboumaatskap- pye en veral verskaffers van finansiering verwag om die kliënte se besigheid beter te verstaan, strategiese struikelblokke wat die voortbestaan en groei van die boerdery kan belemmer, te identifiseer en saam met die kliënt te sit en sy kort- en langtermynbeplanning te doen. Sodoende sal daar ’n beter en meer aanvaarbare finansiële oplossing vir die kliënt op die tafel gesit kan word. Ten einde bogenoemde uitdagings te oorkom, is Senwes Credit in ’n proses om al die aspekte wat dienslewering aan die kliënt raak, te herontwerp waar nodig om sodoende ’n nog beter diens te lewer. In die verband het Senwes Credit ten doel om te beweeg vanaf ‘n verskaffer van finansiële produkte na ’n verskaffer van oplossings. Die eerste fase van hierdie proses het ’n verandering in struktuur behels. Francois de Kock is aangestel as Hoof: Uitvoerende Bestuurder: Pieter Swart Hoof: Finansies, Nakoming en Admin: Herman Harmzen Hoof: Agri-Finansiering: Francois de Kock Hoof: Gestruktureerde Finansiering: Johan Kunz 50 SENWES SCENARIO | HERFS 2018 Agri-Finansiering. Sy verantwoordelikheid sluit in primêre landboufinansiering, opkomende landbou en landbou-ekono- miese dienste. Johan Kunz is aangestel as Hoof: Gestruktureerde Finansiering en sy ver- antwoordelikheid sluit in om pasgemaakte finansieringsopsies aan kliënte te bied, wat belyn is met die kontantvloeibehoeftes en -siklus van die kliënt, asook herstruk- turering van balansstate. Herman Harmzen is aangestel as Hoof: Finansies, Nakoming en Administrasie. As aanvulling van die bestaande span Bestuurders Agri-Finansiering (voorheen sleutelrekeningbestuurders) is Elize Jordaan en Johannes Brink ook aangestel. Senwes Credit bied unieke produkte aan sy kliënte om in hulle behoeftes te voorsien. Van hierdie produkte sluit die volgende in: • Termynfinansiering vir die aankoop van plaaseiendom • Bedryfskapitaal om in die bedryfskapi- taalbehoeftes van die kliënt te voorsien • Produksiekrediet vir die finansiering van direkte insette • Graanfinansiering vir tot 24 maande wat gestruktureer word rondom die kliënt se balansstaat en kontantvloei. Landbou-ekonomiese dienste is deel van die Senwes Credit span, om die produk­ aanbieding en dienslewering aan kliënte te optimaliseer. Persoonlike kontak en uit- stekende kliënteverhoudings vorm die fon- dasie van Senwes Credit se besigheid. Vir enige verdere inligting kontak Francois de Kock by francois.dekock@ senwes.co.za.