Senwes Scenario April / Mei 2018 | Page 50

VERSEKERING WAT IS DIE VERVANGINGSWAARDE VAN GOEDERE? 46 | Onderversekering Hierdie beginsel word toegepas om te verseker dat: • Onderversekering voorkom word. • Die volle premie vir die risiko wat die versekeraar dra, betaal word. • Elke party ‘n regverdige gedeelte van die verlies dra. FORMULE WAT TOEGEPAS WORD VIR ONDERVERSEKERING [Bedrag Verseker ÷ Waarde op Risiko] x Totale Verlies. Voorbeeld 1: Toerusting word vir R10 000 verseker. Die werklike vervangingswaarde van die toe- rusting is R20 000. Indien die toerusting deur byvoorbeeld vuur beskadig word en dit kos R8 000 om te herstel, word die uitbetaling van die versekeringseis soos volg bereken: [R10 000 ÷ R20 000] x R8,000 = Bedrag betaalbaar: R4 000. Voorbeeld 2: ’n Gebou word verseker vir R500 000. Die werklike vervangingswaarde van die gebou is R800 000. Indien die gebou deur byvoorbeeld ’n storm beskadig word en dit kos R100,000 om te herstel, word die uitbetaling van die versekeringseis soos volg bereken: [R500 000 ÷ R800 000] x R100 000 = Bedrag betaalbaar: R62 500. Boere is soms geneig om nie tred te hou met die vervangings- of markwaarde van landboutoerusting nie. Indien hierdie waardes dan ook nie gereeld hersien word nie, kan gevind word dat daar totale onderversekering is met ‘n eis soos tydens oorstromings of brande. Dit is veral belangrik om te verstaan wat met die term “vervangingswaarde” bedoel word. Dit kan beskryf word as die koste, by die indiening van ‘n eis, om die verse- kerde item met ’n soortgelyke produk te vervang. HOE KAN ONDERVERSEKERING VOORKOM WORD? Hier is ’n paar wenke: • Vervangingswaarde van goed ver­ ander oor tyd. • Doen gereelde en realistiese waar- debepalings van versekerde bates. • Boere moet veral let op die risiko wat natuurrampe soos veldbrande inhou. Maak gebruik van ’n kundige makelaar in landbouversekering vir raad en advies. Dit is belangrik om gereeld met jou makelaar/versekeraar te kommunikeer. Dit sal die risiko van onderversekering beperk en verseker dat jy vir die regte bedrag gedek is en eise op die korrekte waardes bereken word. BRON: www.geselsversekering.co.za 48 SENWES SCENARIO | HERFS 2018