Senwes Scenario April / Mei 2018 | Page 44

LANDBOUKUNDIG Senwes Geografiese Inligtingstelsel (GIS) Alles wat jy op ’n kaart kan plaas Anelda Swanepoel Ronel Koen Nee, hier word nie gebak en gebrou nie, dit is nie daardie tipe gis nie, vertel die dames by Senwes se GIS-afdeling, oftewel die Geografiese Inligtingstelselafdeling, my. Deur Aubrey Kruger D it is nou oestyd en beslis die regte tyd om die seisoen af te sluit en vir die volgende boerderyseisoen te beplan. Dit is presies waar Senwes se GIS-afdeling jou kan bystaan om letterlik enigiets denk- baar vir produsente op ’n kaart te plaas. Alles wat op hierdie aardbol gebeur word op papier voorgestel. INLIGTINGSDIENSTE WAT GIS VERSKAF • Doelspesifieke plaas- en gebiedskaar- te met GPS-koördinate. • Lugfoto’s • Hoëresolusie lugfoto’s – 50cm resolu- 42 SENWES SCENARIO | HERFS 2018 sie en selfs beter • Tematiese kaarte, data-insamelings­ kaarte, analitiese kaarte, beplannings­ kaarte, netwerkkaarte, voorleggings­ kaarte, publikasiekaarte, atlasse asook lugfotokaarte (gebiedspesifiek op aan- vraag). • Chemiese analisekaarte, liggings- en oppervlakkaarte. In vandag se baie mededingende landbouwêreld het jy die voorsprong en voordeel nodig wat kartering vir jou kan bied. Kaarte bied aan jou die ske- matiese voorstelling van enigiets in die bedryf soos ’n kaart van Nampo Oesdag, Senwes se silobedryf, aflaaipunte in jou streek, besigheidsvennote of meulens in jou streek of die hele land of wêreld. Daar is nie perke nie - waar jy jouself ookal in die waardeketting bevind, kan Senwes se GIS-afdeling jou van hulp wees. Kaarte word in groottes van A4 tot A0 verskaf en laminering word ook op aan- vraag gedoen. Om van hierdie dienste gebruik te maak, kontak asseblief Senwes se GIS- spesialiste, waar inligting streng vertroulik hanteer word. Indien jy nie al die inligting het nie, kan die GIS-personeel jou ook hiermee bystaan. Anelda Swanepoel Tel: 018 464 7390 [email protected] Ronel Koen Tel: 018 464 7382 [email protected]