Senwes Scenario April / Mei 2018 | Page 42

NUUS SENWES NAMPO vier 52 jaar Senwes sal weer vanjaar by die grootste geleentheid op die landboukalender, die Nampo Oesdag, verteenwoordig word vanaf 15-18 Mei naby Bothaville. Dit is vanjaar die 52ste verjaardag van die Nampo Oesdag. Kom besoek die Senwes Grainlink stalletjie by Nampo 2018. Deur Mbali Skosana S enwes Grainlink Uitvoerende Bestuurder, Pieter Malan, sê dat Grainlink trots is om met Nampo geassosieer te word en dat die Grainlink stalletjie altyd gewild is onder klante sowel as besoekers wat nie bekend is met die landboubedryf nie, veral die graanverkrygings-, graanhanterings- en graanopbergingsfunksies. “Die Grainlink stalletjie word beman deur Senwes personeel wat jou op ʼn vir- tuele realiteitsreis deur ʼn silo sal neem en die fynere kuns van graanbemarking en graanbestuur met jou sal deel.” Senwes sal weer ʼn medeborg wees van Nasie in Gesprek, die land se mees gerespekteerde landbougespreksprogram (meer inligting oor Nasie in Gesprek by Nampo elders in Scenario). Voorbereidings word reeds getref en die Assistent-Bestuurder vir Nampo & Bemarking, Toit Wessels, sê die hoofdoel is om landbou te bevorder deur meer stal- letjies te verskaf. “Daar was verlede jaar 715 stalletjies en uitstallings en daar sal 750 vanjaar wees. “Toe hy gevra word om drie opwindende hoogtepunte vir vanjaar se Oesdag op te noem, het Toit gesê dat daar plaasstalletjies sal wees wat aarbeie en room verkoop, olywe en verskillende soorte kaas. “Die damesprogram is ook iets om na uit te sien aangesien dit elke jaar beter is - daar is ʼn uitstekende pro- gram vir die dames,” sê hy. Die inwoners van Kaapstad kan intussen ook uitsien na Nampo Kaap in September 2018. “Die idee is om die Nampo kultuur, gebeure en suksesse aan die mense in die Kaap voor te stel,” sê Toit. Senwes sal ook deel wees van Nampo Kaap aange- sien dit ʼn medeborg sal wees van Nasie in Gesprek, wat ook vanaf Nampo Kaap uitgesaai sal word. Plaaswerkeropleidingsessie in Bothaville gehou DIE EERSTE plaaswerker­oplei­ding­ sessie is by die Hinter­landtak in Bothaville in die Vrystaat aangebied. Dit is deur 34 plaaswerkers van 13 produsente bygewoon. Hier is die gassprekers Sipho Mvuyana (Besigheids­ontwikkelings­ bestuurder, RCL Foods: Dierevoeding – Epol en Molatek), Phillip Lee (Hinter­ land Diereproduksie Oplossingsbe­ 40 SENWES SCENARIO | HERFS 2018 kortliks stuurder) en John Khoza (MSD, Dieregesondheid - Tegniese Spesialis en Kleinskaalboerdery). Lee het ge­­ noem dat dit die eerste opleiding van sy soort by Hinterland is. Die praktiese opleiding is in Februa­ rie 2018 gedoen. Vir meer inligting of om hierdie opleiding in jou area aan te bied, kon- tak vir Phillip Lee by 082 971 8692.