allegaartjie
NUUS
Senwes Grainlink Kommandodrift deurvoerpunt
Migdol Boereklub Expo en
Demonstrasiedag
HINTERLAND EN SENWES was trots om deel van die agtste
Migdol Boereklub Expo en Demodag te wees, waar daar jaar
liks meer as 220 besoekers is en vanjaar was daar ook ’n rekord
getal van 38 uitstallers. Hier is Marietjie Grobler (Landbou Besig
heid Bestuurder), Phillip Lee (Bestuurder Veedienste), Stoffel
Koloane (Swaarvoertuigbestuurder) en Deon Lamprecht (Stoor
bestuurder). Indien jy deel van die negende uitgawe van die
Migdol Boereklub Expo en Demodag op 21 Februarie in 2019
wil wees, kontak die voorsitter van die Migdol Boereklub, Johann
Rousseau by 082 553 7715.
Senwes Equipment se bestes vereer
Senwes Equipment het hulle 2018 toekenningsfunksie op 23
Februarie gehou. Die wenners wat met die meeste louere
weggestap het was Kwek Dietrichsen en Paul Cornelius wat
vier en vyf toekennings onderskeidelik ingepalm het. Wimpie
Nel het drie toekennings ontvang. Hier is Wimpie Nel saam
met sy pa, Bernie Nel.
Op 9 Maart 2018 is die Senwes Grainlink deurvoerpunt by
Kommandodrift tussen Bothaville en Hoopstad aan pro
dusente bekendgestel. Dit bring Senwes nog nader aan die
klant. Dit is die tweede Senwes Grainlink deurvoerpunt in die
gebied, met die ander een wat by Kaalplaas geleë is.
2018 Senwes Grainlink Konferensie
by Senwes Hoofkantoor
DIE 2018 SENWES Grainlink Kon
ferensie het vanjaar op 20 en 21
Februarie by Senwes Hoofkantoor se
splinternuwe konferensiefasiliteite in
Klerksdorp plaasgevind. Meer as 160
personeellede het die konferensie bygewoon.
Die tema vanjaar was: Is jy reg vir die toekoms? Die uitvoe
rende bestuurder van Senwes Grainlink, Pieter Malan het
gesê: “Onthou ons het ’n gedesentraliseerde besigheid met
die mees suidelike silo by Petrusburg en die mees noorde-
like een by Middelvlei, wat omtrent 600 km uitmekaar is. Dit
is dus nodig vir ons om jaarliks ons strategie te bespreek.
Elkeen van ons by Senwes Grainlink moet reg wees vir die
toekoms”.
Senwes open nuwe konferensiefasiliteite
Senwes het op 28 Februarie 2018 amptelik die nuwe konferen-
siefasiliteite by Hoofkantoor geopen. Die fasiliteit sal as The Barn
bekendstaan. Meer as 400 name is deur personeel voorgestel,
maar Eswan Walker het die wennaam, The Barn, voorgestel.
Senwes HUB, Francois Strydom en Corné Kruger, HFB, het die
gebou geopen.
SENWES SCENARIO | HERFS 2018
39