NUUS
Navorsing lei tot 'n tydskrif
met 'n nuwe voorkoms !
Die resultate is uit! Ons het jou terugvoering op Senwes Scenario ter
harte geneem en ons redaksiespan was baie besig om te verseker
dat die nuwe Senwes Scenario met die nuwe voorkoms beter aan jou
behoeftes sal voldoen.
Deur Marlon Abrahams
Hoofredakteur
T
en einde relevant te bly en die
veranderende behoeftes van ons
kliënte en lesers te bevredig, doen
Senwes gereelde navorsing onder
sy belanghebbendes. Die goeie nuus is
dat die Senwes Scenario-tydskrif grootliks
op die regte pad is met betrekking tot
inhoud, taalbalans, styl en uitleg.
Dit was insiggewend om te weet dat ons
lesers altyd bereid is om iets nuuts te leer.
Om hierdie rede bly ons produsentefokus
’n gunsteling en ons beoog om meer klem
te lê op nuwe boerderytendense, verskeie
innoverende praktyke en om meer boer
deryvertakkings en entrepreneurskap te
bevorder. Een van ons mede-produsente
het tereg opgemerk:
“As ek 'n artikel lees, vra
ek altyd in die eerste
paragraaf twee vrae: Kan
ek dit gebruik en kan dit vir
my geld maak? Kan dit my
bevoordeel?”
‹ Groep 4, Kroonstad ›
Ons het ook kennis geneem dat ons
36
SENWES SCENARIO | HERFS 2018
lesers graag wil lees oor mede-produsen
te, aangesien die meeste van ons 'n stryd
om oorlewing moet voer.
Vir nou is die gedrukte formaat hier om te
bly - 97% van ons lesers verkies steeds
die Scenario in gedrukte formaat, maar
ten einde al ons lesers te akkommodeer,
gaan ons digitale formaat (eScenario, die
Senwes Scenario webblad sowel as die
Senwes Scenario mobiele toepassing) van
krag tot krag.
Die groot meerderheid van ons lesers
bedryf gemengde boerderye, met die
hoofvertakkings grane (51%), gevolg deur
veeboerdery (36%). Ons neem kennis
dat ons lesers graag meer wil leer van
boerderyvertakkings wat nie deel van hul
eie kundigheid uitmaak nie. Ons lesers
dek ’n wye geografiese gebied (Vrystaat,
Noordwes, Noord-Kaap) en die meeste is
voltydse boere op wat geklassifiseer kan
word as groot tot mediumgrootte plase.
GROEP GROEP GROEP GROEP
1 2 3 4
Deeltydse pro