Senwes Scenario April / Mei 2018 | Page 37

IN DIE KOMBUIS Wildsboudpotjie in 'n japtrap MET DIE FOKUS op Hartbeesfontein, wat sy naam te danke het aan manne wat ’n gekweste rooi hartbees agterna gesit het, is hierdie lekker wildsresep net die regte ding om tydens die oestyd aan te knibbel. Of dit nou ’n springbokkie, rooibok of selfs ’n hart- bees is. Die resep het ons so ‘n tydjie terug gevind en dit kan gerus probeer word. WAT VIND PLAAS TYDENS DIE HERLAAIPROSES? Kortliks word die volgende gedoen om ’n gebruike dop te herlaai sodat hy weer gebruik kan word om te skiet. Die dop word met behulp van ’n matrys gevorm sodat dit weer in die geweer se loop kan pas en die koeël styf genoeg kan vashou. Die ou slagdop word ook in die proses uitgedruk. Die dop word dan skoongemaak en die lengte word gemeet en teruggesny, indien nodig. Tydens die vuur van die rondte en die vorming in die eerste stap, rek die dop. Daarom moet dit korter gesny word na die verlangde lengte. Na die sny en skoonmaak van die dop, word ‘n nuwe slagdop teruggedruk in die dop in. Die kruit word dan noukeurig afgemeet en in die dop gegooi. Elke dop se kruit word deur ’n skaal geweeg en daar word seker gemaak dat die regte hoeveelheid kruit per dop gebruik word. Laastens word die nuwe koeël weer in die dop terug­ gedruk. Die lengte van die patroon word noukeurig bevestig om seker te maak die koeël is nie te vlak of te diep in die dop ingedruk nie. Sodra die kruishaar pad vat na die eland se blad toe, en net agter die blad stil staan, weet jy dat ’n suksesvolle skoot nou net van jou afhang. Jy het reeds jou voorbereiding gedoen en jou ammunusie kan nie beter nie. Nou kan al jou aandag op die een saak wees wat hom voordoen, naamlik die aftrek van die sneller. Al die ander voorbereiding is reeds sorgvuldig gedoen en daar is niks om oor bekommerd te wees nie. Die sukses van die jag het een Saterdagoggend reeds op die skietbaan begin! Nou gaan die biltong net soveel lekkerder wees vir Saterdagmiddag se rugby! GEMARINEERDE WILDSBOUD 1 wildsboud (springbok, rooibok, ens) 8 knoffelhuisies, gehalveer 8 repe streepspekvleis, in repe gesny of 100g spek in repe gesny 4 eetlepels kookolie 3 medium uie, gekap 2 teelepels sout varsgemaalde swartpeper na smaak 1 koppie beesvleisaftreksel MARINADE 4 eetlepels bruinasyn 2 eetlepels kookolie 2 eetlepels bruinsuiker 2 lourierblare 10 heel swartpeperkorrels 3 heel naeltjies 1 kaneelstokkie 3 koppies rooiwyn (droog) METODE ➊ Maak die marinade deur die asyn tot kookpunt te verhit en dan die olie, suiker, lourierblare, peperkorrels, naeltjies en kaneel by te voeg. Laat dit ’n paar minute kook. Verwyder van hitte en laat afkoel. Roer die rooiwyn in. ➋ Gebruik ’n skerp mes en maak insnydings sowat 40 mm uitme- kaar in die wildsvleis. Druk in elkeen, saam met die draad van die vleis, ’n halwe knoffelhuisie en ’n reep spekvleis of spek. ➌ Sit die vleis in ’n bak en giet die marinade oor. Laat 24 uur lank marineer (of langer) en draai die vleis gereeld om. Haal die vleis uit die marinade en druk droog. ➍ Verhit die olie in ’n potjie en braai die vleis aan alle kante bruin. Voeg die uie by en soteer tot dit deurskynend is. Geur die vleis met sout en peper. Voeg verhitte beesvleisaftreksel en 250ml van die marinade by en verhit tot kookpunt. ➎ Verminder die hitte deur ’n paar kole weg te krap of gasvlak laer te stel. Sit die pot se deksel op en prut stadig vir 3 tot 4 uur of tot die vleis sag is. Baie dankie aan Adrie Moffat vir die lekker resep. SENWES SCENARIO | HERFS 2018 35