PRODUSENTFOKUS
Senwes se
Julius Ramohlabi
bied advies en
ondersteuning
aan ontwikkelende
produsente.
29 | Van polisieman tot mielieboer
sy vee (vyftien koeie) gesteel is en hy moes weer
van voor af begin. Dit was ’n stryd om grond te kry
waar hy kon begin boer, totdat hy deur middel van
sy betrokkenheid by die National African Farmers
Union (NAFU), gehoor het van programme binne die
regering waarvolgens plase aan kleinboere toegeken
word. Nieteenstaande die uitdagings wat hy in die
gesig gestaar het, het Mokhatlha geglo dat boerdery
in sy bloed is en die feit dat hy op ’n plaas grootge-
word het, het hom goed voorberei vir die dag waarop
hy uiteindelik die moed sou hê om uit sy gemaksone
te beweeg en sy passie in die boerderybedryf na te
streef. Daar was baie uitdagings maar in 2013 het sy
deursettingsvermoë vrugte afgewerp toe hy ’n plaas
kry in Vereeniging, waar hy tans boer.
GEWASBOERDERY
Mokhatlha erken dat hy sy hart op veeboerdery gehad
het, maar alles het verander toe hy met ander boere
praat, wat hom gewaarsku het teen die uitdagings
binne die boerderybedryf en hom aangeraai het om
te diversifiseer en so ’n meer volhoubare bestaan te
maak. Hy het toe begin om soveel as moontlik kennis
in te win deur in te skryf vir verskeie Graan SA kursus
se. Dit was toe hy besluit het om met mielies te begin
boer en so sy veeboerdery aan te vul.
GESIN
Mokhatlha is ’n getroude pa van twee dogters. Die
oudste, wat hom hopelik sal opvolg deur die boerdery
oor te neem, studeer tans Veeartseny Tegnologie by
die Tshwane Universiteit van Tegnologie. Hy vertel
dat hy sy dogters gereeld Nampo toe neem om hulle
aan die wêreld van boerdery voor te stel sodat hulle
uiteindelik sy opvolgplan kan uitvoer.
DIE PAD VORENTOE
Mokhatlha, wat ’n aantal toekennings in die proses
ontvang het sedert hy begin boer het, hoop om sy
besigheid uit te brei en uiteindelik ’n goed gevestigde
kommersiële boer te word. “Ek wil graag tot die land
se BBP en voedselsekuriteit bydra. Ek wil ook finan-
sieel bemagtig wees sodat ek ander deur werkskep-
ping kan bemagtig.”
Isaac Mokhatlha is baie dankbaar vir wat Senwes al vir hom beteken het om
175 hektaar mielies hierdie seisoen te plant.
30
SENWES SCENARIO | HERFS 2018
Kontak Julias Ramohlabi by 018 464 7156 of e-pos
hom by [email protected] indien jy
’n ontwikkelende produsent is wat wil voordeel trek
uit die dienste wat Senwes bied.