Senwes Scenario April / Mei 2018 | Page 23

AREAFOKUS Talle mooi kerke is in die stad te bespeur. geleë, wat maksimale visuele sigbaarheid aan die Oos-Kaapse klant verleen. derheid, sowel as groenteverbouers. Van die grootste Senwes Equipment klante hier is die Gratz Broers, waarop ons in die uitgawe fokus, Whiphold, wat meer as 2 000 hektaar mielies plant en wat al aan Nasie in Gesprek deelgeneem het, asook Amadlelo. Die tak is strategies langs die N2 WAT SÊ DIE BEMARKER Die bemarker in die gebied is Roy Moorcroft en hy vertel dat die klante hier meer 55 tot 67 kilowatt trekkers benodig en selde groter as 103 kW bestel. Hy brei uit dat hier meesal vee-, tamatie-, pynappel- en melkboere is en die John Deere 5000 en 6000-reeks trekker is baie gewild hier - daar is geen nodigheid vir massiewe trekkers en implemente nie. Produsente kan hom gerus kontak - hy bedien die gebied vanaf Oos-Londen tot Umtata, op in die binneland selfs tot by Cathcart en Hamburg. BEKENDES VAN DIE GEBIED Van die bekendste figure uit die gebied is die voormalige 1979 Formule Een wêreldkampioen, Jody Scheckter. Met my rondreis het ek selfs die straat genaamd Scheckter Place letterlik raakgehardloop. Met Senwes wat ook baie in krieket belê, is dit goed om te weet dat die wêreldre- kordhouer vir die meeste toetspaaltjies in toetskrieket (532), Mark Boucher, ook hier gebore en getoë is. Nog ’n bekende is Makhaya Ntini, meer bekend as die Mdingi Express, met verwysing na die gebied waar hy vandaan kom. BEKENDE KLUBS Dit is die rugbytuiste van die Border Bulldogs en die krieketmanne van die Warriors by Buffalopark Krieketstadion. Die stadion het tydens die IKR wêreld- beker in 2003 die eer gehad om as gasheer op te tree en het ook twee IPL wedstryde in 2009 aangebied. Reg langs­ 18 Die Stadsaal in tipiese Victoriaanse styl dateer uit 1897. SENWES SCENARIO | HERFS 2018 21