Senwes Scenario April / Mei 2018 | Page 22

From

AREAFOKUS

Van die Weste … na die Ooste …

Die liedjie draai in my kop op die reis van meer as 1 000 kilometer vanaf die tradisionele Senwes-wêreld in die Noordwes , Vrystaat , Gauteng en Noord-Kaap na die nuwe uitbreiding van Senwes Equipment in die ooste van ons wonderlike land .
� Deur Aubrey Kruger

“ the west side to the east side ” van Mike and The Mechanics sal altyd ’ n treffer bly , hopelik net soos die uitbreiding van Senwes Equipment in die Oos-Kaap . Senwes is die afgelope paar jaar al in die Oos-Kaap bedrywig by Aliwal-Noord en Ugie , wat sedert 2016 in bedryf is , en nou ook Oos-Londen .

Oos-Londen is gewoonlik sinoniem met son , see , strand en sand maar nou is daar ’ n nuwe S wat in die gebied ingetrek het , en dis verseker die S van Senwes Equipment .
SENWES EQUIPMENT IN OOS-LONDEN Ons het besluit dat dit hoog tyd is om ’ n draai hier te maak waar die nuwe
Senwes Equipment tak in 2016 gevestig is . Takbestuurder Riaan Grobler vertel dat hulle reeds in November 2016 die gebied geoormerk het en vanaf Augustus 2017 daar operasioneel is .
MISSIE VAN SENWES EQUIPMENT Die missie van Senwes Equipment met sy agt personeellede in Oos-Londen is om optimale diens aan klante te lewer as die nommer een verskaffer in die gebied deur middel van die verskaffing van landboumasjinerie . Klante sal spesifiek hul leuse waardeer : “ Ons dra ons klante op die hande en die maatskappy se belange op die hart .”
Strategies is die fokus hier op landbouklante wat baie verskil van die ander Senwes-klante in die Noordwes , Vrystaat en die res van die binneland . Hier is melkprodusente in die oorweldigende meer-
20
SENWES SCENARIO | HERFS 2018