Senwes Scenario April / Mei 2018 | Page 16

LANDBOUKUNDIG Nismark Blou Goud 'n versteekte skat Laventel kan ’n winsgewende gewas op jou plaas wees. Hierdie pragtige kruieplant is relatief nuut op die Suid-Afrikaanse landskap en is vinnig besig om momentum te verkry vanwee sy kosmetiese en medisinale eienskappe. Deur Kefiloe Manthata S enwes het die 15de jaarlik­se kon- ferensie van die Suid-Afri­kaanse Landbou Onder­wy­sers­­­vereniging geborg wat van 31 Januarie tot 3 Februarie gehou is, en in die proses ’n paar versteekte skatte ontdek. Een van hulle was ’n plaas tussen Klerksdorp en Wolmaransstad, waar Trudy Kasselman en haar skoonma Rina Kasselman, met velde blou goud, soos laventel nou bekend is, boer. Hulle plant dit op ’n 0,5-hektaar gedeelte van hul 1 hektaar grond. Trudy vertel dat hul produklyn, Ruah, sy ontstaan gehad het uit hierdie laventelboerdery as ’n ῾passieprojek wat in ’n voltydse volhoubare 14 SENWES SCENARIO | HERFS 2018 besigheid ontwikkel het’. Hierdie ontdek- king het daartoe aanleiding gegee dat ons bestaande nisboerderymarkte in Suid- Afrika en die winsgewendheid daarvan, van nader gaan bekyk het en sal onder- soek in die Senwes Scenario. Laventelboerdery is relatief nuut op die Suid-Afrikaanse landskap, maar dit is vinnig besig om momentum te verkry - hoofsaaklilk omdat aromaterapie, wat die ge­bruik van vlugtige olies, insluitend laven- telolie, behels, weer gewild begin raak het weens die medisinale eienskappe daarvan. Sowat tien jaar gelede was daar geen laventeluitvoere vanuit Suid-Afrika nie. Uitvoere van vlugtige olies wat uit laventel- plante gedistilleer word, neem egter toe. Veertien soorte laventel is dwarsoor die wêreld beskikbaar, waarvan drie baie gewild is onder Suid-Afrikaanse boere: Engelse Laventel (True Lavender, Lavendula), Lavandin en Spika (breë­ blaar­laventel) vaar die beste in die Suid- Afrikaanse klimaat. Laventel is ’n maklike plant en groei sonder moeite in ryp en droë toestande. Die beste toestande vir ’n laven- telplant is volson, los, goeie drei­neergrond en ’n bietjie beskerming teen die elemente. Laventel word vir eeue al beskou as ’n plant wat alles genees en die gebruik daarvan is veelsydig en omvattend. Daar word geglo dat laventelolie antiseptiese en anti-inflammatoriese eienskappe het en dat dit enigiets van spysverterings­ probleme tot hoofpyn en naarheid kan gesond maak. Navorsing dui aan dat laventel gebruik kan word vir die behan- deling van angs, slapeloosheid, depressie en rusteloosheid weens die kalmerende eienskappe daarvan. Benewens die winsgewendheid van ’n laventelboerdery, vertel Trudy dat produsente ook waarde tot hul laven- telproduksie voeg. Sy het verkies om ’n skoonheidsreeks te ontwikkel bestaande uit lyfrome, badolies en verskeie ander laventelgebaseerde luukse skoonheid- sprodukte, wat deel vorm van die Ruah- produkreeks. Die distilleerproses lyk gekompli­seerd, maar is eintlik baie eenvoudig. Laven­tel­ distillasie is baie dieselfde as die proses om mampoer te maak. Stoomdistillasie of natstoomdistillasie is ’n proses waar vlugtige olies deur stoom deur ’n verkoe­ ler (van ’n stoompot of stoomketel) gedra word, waar dit tot ’n vloeistof kondenseer. Die vloeistof, wat bestaan uit plantolies en water, word opgevang. Die vlugtige olies dryf bo-op die water in ’n dun lagie, wat afgeskei moet word. Die oes van laventel vir doeleindes van vlugtige olie word gedoen wanneer die blomme goed ontwikkel is en wanneer die onderste helfte van die blom begin oopmaak, gewoonlik aan die einde van Desember en vroeg in Januarie, afhang­ end van die seisoen. Oesbeplanning gedurende goeie weerstoestande is van die uiterste belang, veral in die geval van groot plantasies, aangesien die kwaliteit en ekstraksie-effektiwiteit van die olie verlaag wanneer water daarmee in kontak kom gedurende die voorverhittingstadium van distillasie. Die kwaliteit en graad van die vlugtige olie wat onttrek word uit ’n laventelplant, word bepaal deur die inten- siteit en geur wat dit vrystel.