Senwes Scenario April / Mei 2018 | Page 14

NUUS 11 | Helde in wording aan die brand geslaan het. Evert du Preez en Mokoni Chaka is hul lewe lank al vriende en het saam grootgeword op die plaas van Evert se pa, Willie, in die Vrystaat. Die band tussen hulle is opreg en word verder bewys deur die feit dat beide die ander se taal vlot kan praat. Die dapper optrede van die twee beste vriende het aanleiding gegee tot die storielyn van Senwes se nuwe TV-advertensie. “Ek het gesien hoe ’n verslaggewer ’n onderhoud met die twee seuns voer, en gesien hoe sy mond oopval toe die seuns vlot met mekaar in Tswana praat, terwyl hulle liggaamstaal opregte vriendskap oordra. Ek het in dieselfde tydperk gehoor van die lot van Seun Diphoko, ’n voormalige plaaswerker in dieselfde gebied, wat sy werk weens ’n besering verloor het. Seun het nie 12 SENWES SCENARIO | HERFS 2018 gaan lê