LANDBOUKUNDIG
Senwes Geografiese
Inligtingstelsel (GIS)
Alles wat jy op ’n
kaart kan plaas
Anelda Swanepoel
Ronel Koen
Nee, hier word nie gebak en gebrou nie, dit is nie daardie tipe gis nie, vertel die dames by
Senwes se GIS-afdeling, oftewel die Geografiese Inligtingstelselafdeling, my.
Deur Aubrey Kruger
D
it is nou oestyd en beslis die
regte tyd om die seisoen af
te sluit en vir die volgende
boerderyseisoen te beplan. Dit
is presies waar Senwes se GIS-afdeling
jou kan bystaan om letterlik enigiets denk-
baar vir produsente op ’n kaart te plaas.
Alles wat op hierdie aardbol gebeur word
op papier voorgestel.
INLIGTINGSDIENSTE WAT
GIS VERSKAF
• Doelspesifieke plaas- en gebiedskaar-
te met GPS-koördinate.
• Lugfoto’s
• Hoëresolusie lugfoto’s – 50cm resolu-
42
SENWES SCENARIO | HERFS 2018
sie en selfs beter
• Tematiese kaarte, data-insamelings
kaarte, analitiese kaarte, beplannings
kaarte, netwerkkaarte, voorleggings
kaarte, publikasiekaarte, atlasse asook
lugfotokaarte (gebiedspesifiek op aan-
vraag).
• Chemiese analisekaarte, liggings- en
oppervlakkaarte.
In vandag se baie mededingende
landbouwêreld het jy die voorsprong
en voordeel nodig wat kartering vir jou
kan bied. Kaarte bied aan jou die ske-
matiese voorstelling van enigiets in die
bedryf soos ’n kaart van Nampo Oesdag,
Senwes se silobedryf, aflaaipunte in jou
streek, besigheidsvennote of meulens in
jou streek of die hele land of wêreld. Daar
is nie perke nie - waar jy jouself ookal in
die waardeketting bevind, kan Senwes se
GIS-afdeling jou van hulp wees.
Kaarte word in groottes van A4 tot A0
verskaf en laminering word ook op aan-
vraag gedoen.
Om van hierdie dienste gebruik te
maak, kontak asseblief Senwes se GIS-
spesialiste, waar inligting streng vertroulik
hanteer word. Indien jy nie al die inligting
het nie, kan die GIS-personeel jou ook
hiermee bystaan.
Anelda Swanepoel
Tel: 018 464 7390
[email protected]
Ronel Koen
Tel: 018 464 7382
[email protected]