NUUS
11 | Helde in wording
aan die brand geslaan het.
Evert du Preez en Mokoni Chaka
is hul lewe lank al vriende en het
saam grootgeword op die plaas van
Evert se pa, Willie, in die Vrystaat. Die
band tussen hulle is opreg en word
verder bewys deur die feit dat beide
die ander se taal vlot kan praat. Die
dapper optrede van die twee beste
vriende het aanleiding gegee tot
die storielyn van Senwes se nuwe
TV-advertensie.
“Ek het gesien hoe ’n verslaggewer
’n onderhoud met die twee seuns voer,
en gesien hoe sy mond oopval toe
die seuns vlot met mekaar in Tswana
praat, terwyl hulle liggaamstaal opregte
vriendskap oordra. Ek het in dieselfde
tydperk gehoor van die lot van Seun
Diphoko, ’n voormalige plaaswerker in
dieselfde gebied, wat sy werk weens
’n besering verloor het. Seun het nie
12
SENWES SCENARIO | HERFS 2018
gaan lê