Senwes Scenario April / Mei 2017 | Page 53

••• • • KO L SK O O T • • Wat beteken my kaliber se naam? JAN-LODEWYK SERFONTEIN V oor gewere ontwerp en vervaardig is, was daar ander wapens wat gebruik is om te oorleef en oorlog mee te voer. Messe, spiese en ’n pyl en boog is maar net ’n paar van die wapens wat deur die tyd gebruik is. Net soos gewere het ander wapens ook beskrywings of name gehad om hulle uit te ken tussen ander. Die lang boog, kort boog en die ‘recurve’ boog is voorbeelde van sulke beskrywings. In die 17de eeu in Noord-Amerika is daar met gewere geskiet wat langer was as 6 voet en nie baie akkuraat was nie. Gedurende die 18de eeu in Europa is gewere ont- werp wat selde langer as 30-duim lope gehad het. Die lope het ook groewe in gehad wat gewissel het tussen 7 en 9 diep groewe wat ‘n stadige draai gehad het. Gedurende die 18 de eeu was kommunikasie en standaarde nie goed ontwikkel nie en is baie nuwe gewere en kalibers op twee verskillende kontinente ontwerp. Vanaf die 18de eeu tot en met die hede is amper dieselfde ma­­ nier gebruik om nuwe kalibers te ‘doop’. Intussen is daar wel twee organisasies waar kalibers gelys en getoets word, maar die twee organisasies gebruik nog steeds verskillende metodes vir bena­ ming. By die benaming van ’n kaliber wat sy oorsprong in Europa het, word gewoonlik twee mates ge­­ noem saam met ’n naam. Die eerste mate is die deursnee van die koeël in mm en die tweede mate is die lengte van die dop. Die naam is meestal die vervaardiger wat die kaliber oorspronklik ontwerp het. Dus is ’n 7 x 57 Mauser se koeël 7 mm in deursnee. Sy dop is 57 mm lank en die Mauser fabriek het die kaliber ontwerp. Wapens wat hulle oorsprong in Amerika het, se benaming het gewoonlik net een lengte met ’n naam. Die lengte is in duime. So is ’n .243 Winchester se koeël .243 van ’n duim in deursnee en deur die Winchester fabriek ontwerp. Belangrik om te let dat die koeël se deursnee .243 van ’n duim is en nie 243 duim is nie. Maar hoekom gebruik my 308 Winchester en my 300 Winchester Magnum dieselfde deursnee koeël? En hoekom is my 303 koeël se deursnee meer as my 308 koeël se deursnee? Wanneer na die volgende dwars­ snit van ’n geweer se loop gekyk word, kan waargeneem word dat die loop twee verskillende deur­ sneegate het, waar X die boor- diameter en Y die groefdiameter is. Die deursnee van ’n koeël, in die naam van die kaliber, kan die groef- of die boordiameter wees. In die benaming van ’n 303 is die boordiameter gebruik. In die benaming van ’n 308 Winchester is die groefdiameter gebruik om die koeël se deursnee te beskryf. Met die benaming van die 300 WM is die boordiameter gebruik vir die benaming van die spesifieke kaliber. ’N PAAR INTERESSANTE KALIBERNAME • 30-06 Springfield: .300 Boor­ diameter koeël wat in 1906 ontwikkel is. • 25-06 Remington: .30-06 Springfield dop wat afgenek is om ’n .257 kaliber koeël te kan skiet. • 308 Winchester: Ook bekend as die 7.62 x 51 aangesien sy boordiameter 7.62mm en sy lengte 51mm is. • 7mm-08 Remington: .308 Winchester dop wat afgenek is om ’n 7mm kaliber koeël te kan skiet. • 22-250 Remington: 250 Savage dop wat afgenek is om ’n .224 kaliber koeël te kan skiet. Wees versigtig vir die 6.5-284 Norma, want die .284 dop is in Amerika deur Winchester ontwerp. Later, in Amerika, het Norma dit afgenek na ’n 6.5mm kaliber koeël toe. Daarom die 6.5mm en die .284 duim in een naam! SENWES Scenario • APRIL/MEI 2017 51