Senwes Scenario April / Mei 2017 | Page 51

••• • • D RUPPE L S O P D IE DA K • • Hoe verloop die seisoen? THYS GROBBELAAR SENIOR GRAANANALIS, SENWES GRAINLINK REËNVALVERLOOP HIERDIE SEISOEN Die tradisionele Senwes-gebied was hierdie seisoen baie gelukkig wat reënval aanbetref. Die hele gebied het tot op hierdie stadium meer as die langtermynreënval ontvang. Veral die sentrale gedeelte van die gebied het ver bo die langtermyngemiddeld ontvang. In die sentrale gedeelte van die gebied is daar selfs dele wat versuipskade ondervind. Die suid-weste­like gedeelte van die tradisionele Senwes-gebied het egter minder reën as die res van die gebied ontvang. ’n Baie goeie oes word oor die algemeen verwag. Daar was min reën in Maart en die grootste gedeelte van die tradi­sionele Senwes-gebied het minder reën as die langtermyngemiddeld ontvang. Dit is veral die westelike gedeelte van die gebied wat minder reën ontvang het. Met ’n gewastoer wat gedoen is, is dit duidelik dat daar wel aanplantings in die gebied is wat nog reën nodig het. Sou dit nie reën nie, kan opbrengsver- liese hier en daar verwag word. Die oes as geheel lyk baie goed en is daar enkele kolle waar daar opbrengsverliese verwag kan word as dit nie verder reën nie. > VERVOLG OP BLADSY 50 DIE KUMULATIEWE JULIE 2016 TOT EINDE MAART 2017 REËNVAL AS % VAN DIE LANGTERMYN KUMULATIEWE REËNVAL MAART 2017 REËNVAL AS % VAN DIE LANGTERMYN MAART REËNVAL IN DIE TRADISIONELE SENWESGEBIED SENWES Scenario • APRIL/MEI 2017 49