Senwes Scenario April / Mei 2017 | Page 49

••• • • G R A A N MA R K V O O R UI T SIGT E • • Grafiek 3. Light sweet ru-olieprys/vat (Reuters). Grafiek 4. Die lang termyn Julie-kontrak witmielieprys asook die 2017 prysbeweging op Safex. bruto marge van tussen $0.39 en $13.42 per metrieke ton. Dit is maar ’n geringe marge en dit gaan waarskynlik die mielieprysbewe­ ging redelik beperk. Prysdrywers in die plaaslike graan- en oliesademarkte WIT- EN GEELMIELIEPRYSTENDENSE OP DIE SUID-AFRIKAANSE BEURS Met die eerste oesskatting van die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) vir hierdie seisoen, blyk dit dat die derde grootste oes in die Suid-Afrikaanse geskiedenis gaan realiseer. Dit bring mee dat, volgens die berekeninge van die National Agricultural Marketing Council (NAMC), daar ’n uitvoer­ bare surplus van ongeveer 1,3 miljoen ton witmielies en een miljoen ton geelmielies gaan wees. Verder is die kanse goed dat die NOK die Suid-Afrikaanse mielie­ oes met die volgende oesskattings opwaarts kan aanpas, wat die berekende uitvoerbare surplus net groter kan maak. Die rede is dat die wit- en geelmielieprys tans in die omgewing van die berekende uitvoerpariteit verhandel. Die verskil tussen die berekende in- en uitvoerpariteit kan tot R2 300 per ton wees, afhangend van waar in- en uitgevoer word. Grafiek 4 dui die prysverloop van die witmielie Juliekontrak op die JSE aan. Sedert Julie 2016 volg die kontrakprys ’n dalende tendens. Die La Niña-episode wat vir die komende seisoen voorspel is, het negatief op die prys ingewerk aangesien dié tipe seisoene geasso­sieer word met bo-gemiddelde opbrengste. Gedurende Desember 2016 het groot gedeeltes van die westelike produksiegebiede van Suid-Afrika nog nie veel reën ontvang nie en het sandstorms groot gedeeltes van die geplante somergewasse doodgewaai. Dit het die prys vir ’n week of meer sterk ondersteun. Dit is duidelik uit grafiek 4 dat die Julie 2017 kontrak heeltemal teenoorge­steld verloop as die langtermyn Juliekontrak. Soos vermeld is die groot berekende uitvoer­bare surplus die hoofrede. Twee veranderlikes wat ’n deurslaggewende effek op die berekende uitvoerpariteit het, is die R/$-wisselkoers en die Amerikaanse geelmielieprys. Tabel 1 is ’n sensitiwiteits­analise wat die effek van ’n verandering in die R/$-wisselkoers en die Amerikaanse geelmielieprys op die berekende uitvoerpariteit het. Die Julie 2017 Amerikaanse geelmielieprys is in die omgewing van $3.60 per skepel en die R/$- wisselkoers is in die omgewing van R12.50 vir die dollar. Dit kom op ’n berekende uitvoerpariteit van R1 756 per ton te staan. Met die skryf van die artikel het witmielies vir die Julie 2017 kontrak op R1 723 per ton op die JSE verhandel. Wat die wit- en geelmielieprys positief kan beïnvloed is indien dit duidelik is dat wesenlike hoeveelhede wit- en geelmielies uitgevoer is en die berekende oordragvoorrade nader aan die benodigde pyplyn beweeg. Dit bring ongelukkig ’n hartseer feit na vore, naamlik dat die wit- en geelmielieprys vir ’n periode by of onder die berekende uitvoer- pariteit beweeg sodat genoegsame hoeveelhede uitgevoer word. Die huidige lae mielieprys het tot gevolg dat ’n baie groot persentasie mielieprodusente nog geen grane verhandel of verskans het nie. Dit kan tot verdere prysdruk tydens > VERVOLG OP BLADSY 48 SENWES Scenario • APRIL/MEI 2017 47