Senwes Scenario April / Mei 2017 | Page 46

•••• RUBR I E K Safex Scenario’s > VERVOLG VAN BLADS Y 43 nuwe hoogtepunt bereik, maar herstel om uiteindelik wel ’n hoër laagtepunt binne die voorafgaande ten- dens te vorm. iii. Vanaf die laagtepunt van die linkerskouer, styg pryse om weer ’n nuwe hoogtepunt te bereik. Kopers is wel nie in staat om die skerp styging vol te hou nie en daal pryse gewoonlik deur die ondersteu­ning van die voorafgaande tendens om relatief in lyn met die vorige laagtepunt te sluit. Hierdie prysbewegings vorm dan die kop van die formasie. iv. Vanaf die vorige laagtepunt klim kopers weer in die mark, maar kan ongelukkig nie ’n wesenlike prysstyging volhou nie. Markpryse vorm dan ’n laer hoogtepunt om die regterskouer te vorm en is die hoogtepunt redelik in lyn met die linkerskouer se hoogtepunt. Pryse daal wel om dan uiteindelik die neklyn te breek. v. Die finale eienskap van die Head and Shoulders- formasie, is die neklyn. Die neklyn word gevorm deur die laagte­punt aan die einde van die linker skouer (begin van die kop) en die laagtepunt aan die einde van die kop (begin van die regterskouer) met mekaar te verbind. Hierdie lyn kan opwaarts of afwaarts neig, of kan selfs ’n horisontale lyn voorstel. Indien pryse onder die neklyn sluit, is die for- masie voltooi en kan ’n markposisie in lyn met die verwagte prysdaling ingeneem word. Die interpretasie van die formasie bied verder ook ’n verwagte prysteiken. Hierdie teiken word bepaal deur die vertikale afstand tussen die neklyn en die hoogtepunt van die kop afwaarts te pro- jekteer van die punt af waar die mark deur die neklyn breek. Let wel dat dit voordelig is om die formasie in samewerking met volume te inter- preteer, aangesien ’n styging in volumes dui op verdere bevestiging. SLOT Deur slegs ’n redelike begrip te hê van die bo­­ staande inligting, is u reeds ’n stappie voor die res. Dit is voordelig om tegniese analise met fun- damentele analise te kombineer om sodoende die beste moontlike besluit te kan neem, aang- esien ’n breek deur ’n langer termyn ondersteu­ nings- of weerstandslyn gewoonlik gekoppel kan word aan fundamentele vraag- en aanbodfaktore wat verander. Tegniese prysgrafieke bied analiste die geleentheid om die verhouding tussen vraag en aanbod visueel voor te stel en kan moontlike veranderings in hierdie verhouding deur verskeie prysformasies aangedui word. Met ondersteu­ nings- en weerstandslyne as basis, bestaan ver- skeie formasies wat geanaliseer kan word om moontlike koop- en verkoopseine te genereer. Die komende artikels fokus op die interpretasie van die formasies. Vir meer inligting of om kompeterende opsiepryse op ’n groot verskeidenheid kom- moditeite te bekom, skakel gerus vir Susari Geldenhuys by 018 464 7430 of 072 116 9999 of e-pos haar by Susari.Geldenhuys@senwes. co.za. Die Senwes Scenario-redaksie vra om verskoning vir die foute wat tydens die produksieproses ingesluip het in die gedrukte weergawe van die artikel in die Februarie/Maart 2017-uitgawe. 44 APRIL/MEI 2017 • SENWES Scenario