Senwes Scenario April / Mei 2017 | Page 42

•••• •••• HA N D E L SN UUS Ken jou Certisure Makelaar CARLA WISE AUBREY KRUGER WAT DOEN JY BY CERTISURE? WAT BEHELS JOU TAKE? Ek tree op as versekeringsmakelaar (tans nog onder toesig) vir Certisure in Viljoenskroon en bemark korttermyn- en oesversekering van verskeie verseke­ raars. Verder hanteer ek eise en is verantwoordelik vir die bestuur van die Viljoenskroon kantoor. HOE HET JOU LOOPBAAN GEVORDER TOT NOU? Direk na skool het ek by die plaaslike paneelklop­ pers begin werk. Ek en die eienaar, wat ook ’n skoolliefde was, is ’n jaar nadat ek begin werk het, getroud. Ek het vir ongeveer 17 jaar daar gewerk voor ek vier jaar gelede by Certisure begin werk het. WAAR IS JY GEBORE EN WAAR HET JY SKOOLGEGAAN? Ek is gebore en getoë in Viljoenskroon en my laer- en hoërskoolloopbaan is in Viljoenskroon by Salomon Senekal Hoërskool voltooi. WAT WAS JOU PLANNE NA SKOOL? Finansies was maar skraps vir tersiêre onderrig en daarom het ek direk na skool begin werk. HOE SIEN JY JOU TOEKOMS BINNE DIE MAATSKAPPY? Ek sal graag die nodige kwalifikasies wil behaal en steeds streef na goeie dienslewering. My mikpunt is om die kliënt gemaklik te laat voel om met my besigheid te doen omdat hulle gemaklik is met my as makelaar. Gelukkige kliënt, gelukkige makelaar, gelukkige Certisure. WAT IS DIE BESTE RAAD WAT JY AAN JOU KLIËNTE SAL GEE? Maak seker jy weet wat jou behoeftes is rakende jou korttermynversekering of oesdekking. Kom­ muni­keer met jou makelaar sodat julle mekaar verstaan. Dit sal die toekomstige kliënt/makelaarver- houding net sterker maak. WAT DOEN JY IN JOU VRYE TYD? ENIGE STOKPERDJIES? Hou van lees wanneer ek ’n kansie kry. FAMILIE? Was getroud, onlangs geskei en het twee dogters, Marijke (18 jaar) en Anke (13 jaar). 40 APRIL/MEI 2017 • SENWES Scenario