Senwes Scenario April / Mei 2017 | Page 40

•••• NUUS Willem en Gert Junior Stols wys trots hul kuierplek bo-op ’n spilpunt. Spilpunt in ’n japtrap in kuierpunt omskep OP ’N PLAAS SOWAT 6 KM VANAF NAMPOPARK NABY BOTHAVILLE, ONTMOET EK DIE TWEE JONG BOER- SEUNS WILLEM (21) EN GERT JUNIOR (19) STOLS. DIÉ TWEE AGTERMEKAAR PRODUSENTE HET EINDE JANUARIE 2017 DIE BLINK GEDAGTE GEHAD OM ’N KUIERPLEK IN DIE LANDE TE SKEP. REG BO-OP ’N SPILPUNT! AUBREY KRUGER D ie twee vertel dat hulle eers ’n gewone platform op Facebook gesien het, waarna hulle besluit het om die idee “na die volgende vlak te neem.” Oordeelkundig het die boerseuns eers die manne van Agrico gekon- tak, wat aan hulle die spreekwoor- delike groen lig gegee het om die kuierplek te bou, met die voor- 38 waarde dat niks aan die spilpunt vasgesweis mag word nie. Geen probleem vir hierdie broers wat by Kroonstad Hoërskool gematri- kuleer het nie. Hulle het sommer dadelik aan die werk gespring en alles van hoekyster, ogiesdraad en rectangular tubing gebruik om die kuierarea mee te bou en alles mak- lik aan die spilpunt vasgebout. Op die vraag oor hoeveel mense hierop kan kuier, kom die antwoord maklik. “Toe ons dit klaar gebou het, het 14 plaas- werkers op en af op die platform gespring en dit het die toets geslaag.” Hier bo-op die platform, wat meer as 4 meter bo die grond uittroon, kan jy lekker rustig wees. Die twee spot ook dat “Pa Gert hier bo lekker vir die mielies kan kyk. En as ons lui wil wees, kan ons van hier bo af hom gelukkig van ver sien aankom.” Daar word oor naweke saam met familie en vriende gebraai. En as ’n Senwester hier ’n draai kom maak, soos hierdie joernalis, dan word jy na die spilpunt sowat 17 km ver geneem. Soos Andrew Weber, Sleutelrekeningbestuurder by Senwes en Phillip Havenga, APRIL/MEI 2017 • SENWES Scenario Verhoudingsbestuurder by Bothaville, op 14 Februarie ook gedoen het. Hier bo is dit baie rustig en die die geritsel van die wind tussen die mielies is hoorbaar. Daar is ’n pragtige uitsig oor die horison met Senwes se Regina Silo as deel van die landskap. Maar waar het die twee gebraai voor dié uitsonderlike braaiplek? Die braaier was sommer op die grasperk geparkeer of as hulle in die veld is, is enige oop kolletjie in die veld die lekkerste. Met nege spilpunte op die plase Krugerskraal en Nederlanden, en nog drie in die beplanning, kan jy verseker wees dat dié vierde-gene­ rasie produsente beslis nog een gaan bou en verbeterings gaan aanbring met ligte en yskaste. Die vangskoot is egter dat hulle nie krag van die spilpunt mag trek nie. Die twee jongmanne is egter seker dat iemand in die toekoms ’n béter idee gaan kry. Na so twee ure se kuier, terwyl die spilpunt 14 grade heen en weer beweeg het, is die kuier vir eers verby. “Dis ’n lek- ker plek. Jy kyk wyd uit, kan net rustig wees met niks wat jou pla nie, behalwe natuurlik die muskie- te,” sê hulle.u