Senwes Scenario April / Mei 2017 | Page 38

••••
HANDELSNUUS PROMOSIE-ARTIKEL

Rentevrye lenings aan trusts

DIÉ REDELIK DRAMATIESE VERANDERING HET ’ N IMPAK OP RENTEVRYE LENINGS AAN TRUSTS , ASOOK DAARDIE LENINGS WAAROP RENTE GEHEF WORD , MAAR TEEN ’ N KOERS LAER AS DIE AMPTELIKE RENTEKOERS .
36
LUCAS COETSEE LIBERTY REGSPESIALIS

Die verskil tussen die amptelike koers en die werklike rentekoers gehef , word van 1 Maart 2017 beskou as ’ n skenking in die hande van die persoon wat die lening gemaak het .

Byvoorbeeld : Mnr X dra bates ter waarde van R20 000 000 oor aan sy dis kre sionêre trust , op leningsrekening . Die huidige amptelike rentekoers is 8 % per jaar . Mnr X hef geen rente op die lening aan die trust nie .
R20 000 000 x 8 % = R1 600 000 is die rente wat gehef moes word , maar nie gehef is nie . Daar word geag dat mnr X die R1 600 000 aan die trust geskenk het . Die huidige koers van skenkingsbelasting is 20 %.
Met die aanvaarding dat geen ander skenkings deur mnr X gemaak is nie : R1 600 000 - R100 000 ( jaarlikse belastingvrye skenking ) = R1 500 000 x 20 % = R300 000 in skenkingsbelasting is betaalbaar deur mnr X aan die SAID .
Solank as wat die leningsrekening op die boeke van die trust bly , gaan hierdie berekening elke jaar moet plaasvind met die toepassing van die relevante waardes op daardie tydstip . Dit maak nie saak wanneer die lening gemaak is nie ,
APRIL / MEI 2017 • SENWES Scenario skenking belasting sal van toepassing wees op alle uitstaande lenings soos op 1 Maart 2017 .
Hierdie wysiging het ’ n impak op baie hoë netto waarde kliënte wat bates of kontant oorgedra het na ’ n trust deur middel van ’ n lenings rekening . Hulle sal dalk hulle truststrukture wil hersien om nou rente op die leningsreke ning te hef , of om voorsiening te maak en te verseker dat hulle die geld het om die sken kingsbelasting te betaal .
Hulle kan selfs oorweeg om hul trust tot ’ n einde te bring . Hier is dit baie belangrik om terug te gaan na die basiese beginsels van trusts . As die trust gestig is om rykdom vir toekomstige geslagte te skep en te beskerm , gaan niemand bly wees om meer belasting te betaal nie , maar sal dit aanvaarbaar wees dat dit die prys is wat jy moet betaal om jou uiteindelike behoeftes aan te spreek . As die besparing van belasting die enigste beweegrede rede is vir die stigting van die trust , is die bitterheid van die belastinglas des te groter .
Dit is belangrik om te onthou dat die nuwe bepalings nie van toepassing is op alle trusts en alle lenings nie . Spesifieke tipes trusts ( bv trusts gestig as openbare welsynsorganisasies en vestigings trusts ) sal uitgesluit word en lenings gemaak met betrekking tot primêre wonings is vrygestel .