Senwes Scenario April / Mei 2017 | Page 32

•••• HA N D E LSN U U S VILJOENSKROON VERHOUDINGSBESTUURDER Sakkie Joubert geniet dit om probleme op te los SAKKIE JOUBERT IS DIE VERHOUDINGSBESTUURDER BY DIE HINTERLAND TAK OP VILJOENSKROON. VIR MEER AS 16 JAAR KEN HY DIE PRODUSENTE IN DIE GEBIED NADAT HY IN 2001 HIER BEGIN WERK HET. H y het in Maart van- jaar juis 28 jaar diens by die maatskappy gevier, sedert hy op 15 Maart 1989 hier aangesluit het. Sakkie het eers as verkoops­klerk in 1989 by Dewetsdorp begin werk, waar hy na nege maande as assistent takbestuurder by Reddersburg aangestel is en waar hy twee jaar lank werksaam was. Daarna volg nog ’n tweejaartermyn as assistent takbestuurder by Petrusburg. By Smithfield beklee hy vir die volgende vyf jaar die pos van tak- bestuurder, gevolg deur assistent takbestuurder by Hartbeesfontein en Klerksdorp, voor hy in 2001 na Viljoenskroon verplaas is. Hy het so sy kennis opgebou van die meer veeboerdery-georiënteerde suide voor hy na die saaigebiede geskuif het. Hier by Viljoenskroon behels sy werk al die jare dieselfde, hoewel die posbenaming deur die jare van klantediensbestuurder na insetbemarker en verhouding- bestuurder verander het. Wat hy veral van sy werk geniet, is “Om met boere kontak te hê en pro­ bleme op te los. Dit is die lekker- ste.” Verder verskaf dit hom ook groot genot om geleenthede vir produsente daar te stel om aan te hou om besigheid te doen. Primêr is hy verantwoordelik 30 vir finansiering, om insette aan te koop asook om die produsente te help om hulle fondse effektief aan te wend. Tydens die afgelope droogtejare het hy ook sy rol gespeel om pro- dusente tegemoet te kom met die oordrag van skuld om hulle so­ doende kans te gee om te herstel om verder te kan boer. So word verseker dat Viljoenskroon ’n hoë potensiaal saaigebied bly. ”Hy noem dat die laaste vier droogte- jare baie erg was en die plaaslike produsente regtig sleg geknou het, terwyl hulle nor- maalweg baie goeie opbrengste lewer. En hy weet, want hy het as boerseun grootgeword APRIL/MEI 2017 • SENWES Scenario op die plaas Mentzburg in sy geboortedorp, Dewetsdorp. Meer oor Sakkie is dat hy in 1976 by Hoërskool Dewetsdorp gematri- kuleer het. Daarna was hy vir ’n jaar by 1 Spesiale Diensbataljon in Bloemfontein gestasioneer, waarna hy sy Landboudiploma in 1979 by Glen Landboukollege verwerf het. So tussendeur die graan- wêreld verklap Sakkie dat hy ook graag skyfskiet as sport beoefen. Benewens sy 28 jaar diens het Sakkie en sy vrou, Ivona, ook op 13 Februarie 35 jaar se getroude lewe gevier. Hulle het twee kinders, Hennie en Maré, en is geseën met vier kleinkinders. So vir ervaring duisend, kom maak ’n draai by Sakkie Joubert, jou verhoudingsbestuurder by Viljoenskroon!