Senwes Scenario April / Mei 2017 | Page 24

•••• KO L LI G Paul Maré > VERVOLG VAN BLADSY 21 langste wat al 26 jaar by hom werk. Buiten die bestuurders beskryf hy sy sekretaresse, Corinda Marais, wat terloops ’n oud-Senwester is, as sy regterhand. Sowat 500 ton kuilvoer word jaarliks op Vlakvlei geproduseer. SENWES Toe loop die gesprek in die Senwes rigting. “Ek glo in vennootskappe. Ek het reeds vroeg in my loopbaan besluit dat ek Senwes my hoofvennoot in my besigheid gaan maak.” En hy is bly hy het dit gedoen. Hy koop sedert die begin sy insette by Senwes, doen sy finansiering deur Senwes Credit om produksiemiddele, grondfinansiering en die aankope van voertuie en implemente te doen. Hy onthou selfs die dae toe Senwes buro- dienste gehad het. “Basies gebruik ek Senwes op alle terreine van my boerdery,” sê Paul trots. G’n wonder hy is al sedert 1984 ’n lid by Senwes nie. Sy pa Frikkie was ook ’n lid van Senwes. Paul verklaar onomwonde: “Ek lewer net by Senwes.” Met Viljoenskroon en Groenebloem silo slegs 10 km van sy plaas af, is dit baie gerieflik. Die plase naby Limerick gebruik weer Potchefstroom Silo. Paul dink dat Senwes weer ’n trekkerwerktuigkundige diens op Viljoenskroon kan vestig en deur dit sal meer klante John Deere gebruik. TOEKENNINGS Paul lag terwyl ek die trofees op Vlakvlei bewonder. “Dis nie regtig waarvoor ’n mens werk nie,” sê hy. Die trofees sluit in die Bayer- LNR Platinum-trofees vir sy 2005 en 2006 Bonsmarastoet. Sy fokus is eerder geskoei op die “produksie van goeie bulle vir kommersiële boere.” Paul versamel ook hoedjies en hier is ook ‘n paar van Senwes! Bambi die Yorkie ry oral saam. Daar is ook drie ander honde met Tommie die boerboel, Rex die Doberman Pincher en Spotty die beeshond. 22 APRIL/MEI 2017 • SENWES Scenario SEISOENE EN REËNVAL Met boerdery en die ingenieurs­wêreld sy passies, kan die artikel nie afgesluit word sonder om te noem dat hy ’n groot entoesias van reënval- patrone en seisoene is nie. Hy hou sorgvuldig rekord van die weerpatrone op sy plaas en is veral ’n voorstaander van prof. Will Alexander, wat die laaste paar jaar se droogte reeds in 2007, as deel van die WNNR, voorspel het. Sy voorspellings is geskoei op die 21-jaar siklusse van sonvlekke. Paul noem dat hy ’n uitstekende werkerskorps het maar noem dadelik dat hy sy ouers Frikkie en Heléne moet noem wat grootliks bygedra het tot die produsent wat hy vandag is. Boer so voort Senwes produsent!