Senwes Scenario April / Mei 2017 | Page 23

•••••••
KOLLIG •••
Erik Maré , sekretaresse Corinda Marais en Paul Maré .
Paul Maré tussen twee van sy plaasbestuurders . Sybrand van Niekerk ( links ) en André Steenkamp .
eindes gebruik word .
Paul produseer tans hoofsaaklik witmielies . In die verlede het hy grondboontjies en sojabone ook geplant en in 2012 het hy met presisieboerdery begin en spesialiseer nou net op mielies – “ Dit maak net jou arbeidsbestuur soveel makliker ,” sê Paul .
DERDE-GENERASIE BOER Hy noem trots dat sy oupa en naamgenoot , Paul Jakokus , ook geboer het . Hy het somergewasse geplant en met melkbeeste geboer . Daar is nog van die ou melkerygeboue en hy kan dit net nie sloop nie , “ Daar is tog ’ n tikkie sentiment aan die goed verbonde ,” noem hy .
Sy pa , Frikkie , het ook ’ n melke ry gehad en met Simmentalers geboer , maar pa Frikkie het nooit regtig saam met hom geboer nie . Sy pa se eintlike passie was sy prokureurspraktyk , Venter / Havemann / Maré . Viljoenskroners sal hom onthou as burgemeester van die dorp . Hy het verskeie kere dié rol vervul vanaf die sestigertot die tagtigerjare . Hy is egter in 2012 oorlede .
PRESISIEBOERDERY Beter opbrengste was die gevolg van presisieboerdery en die opbrengs is verbeter vanaf ’ n ge middeld van 4.1 ton per hekaar tot 5.1 per hektaar . Daar is ook brandstof en kunsmisbesparings , GPS-tegnologie en presisiebekalking en bemesting wat in ag geneem moet word .
“ Ons het altyd elke jaar ons ryrigtings verander en die grond losgemaak en daarna weer gekompakteer . Sedertdien het ons spoorverkeer begin doen en skuif nie meer die losgrondareas nie .”
STOETERY Die stoetery wat in 1987 begin is , het deur die jare tot sowat 400 Bonsmara-stoetkoeie gegroei . Hy noem ook dat die beesboerdery in sinergie met die saaiboerdery be dryf word . Die uitvalstukke en vleie word benut in die somer deur die beeste , en die stoppels op die landerye in die winter . Hy maak ook jaarliks 500 ton kuilvoer wat in die rantsoene van die fase D bulle benut word .
VEILINGS Paul hou ook sy eie veilings en hier verkoop hy en Benjamin Bosch sowat 40 stoetbulle , 20 vroulike stoetdiere asook 120 kommersiële vroulike diere . Deesdae het hy , soos wat deesdae die norm is , twee veilings wat die winter- en somerdekseisoen se behoeftes aanspreek .
BOERDERY OP VILJOENSKROON Hier in die Noord-Vrystaat is boerdery anders as in die Oos- Vrystaat , waar hulle meer reën ontvang , vroeër reën ontvang en plant , suurder veld het en strawwer winters beleef . Wat hy wel kan sê is dat “ indien ’ n boer wat hier boer en sy wortels hier gevestig is sou trek , sal hy weer skoolgeld moet betaal .” Dit sluit dus aan by sy motto : “ In boerdery moet jy nie te veel rondspring nie - doen dit wat jy doen net beter .” Sy doelwit is om sy grond tot optimum potensiaal te ontwikkel om die beste produksie met betrekking tot gewasse en vleis te verseker .
PERSONEEL Paul het sowat 30 voltydse personeel in diens en akkommodeer uit die aard van die saak ook ’ n aantal seisoenale werkers .
Onder dié tel vier plaasbestuurders Sybrand van Niekerk , Christo Snyman , André Steenkamp en Pieter Hattingh . Paul noem dat al die bestuurders tonne landbouervaring het . En interessant genoeg het hy nie een self gewerf nie . “ Hulle het my gewerf ,” spot Paul , omdat almal wat by hom werk hom geken het .
Almal is ten minste sewe jaar by my werksaam met die
> VERVOLG OP BLADSY 22
SENWES Scenario • APRIL / MEI 2017 21