••••
AREA F OK U S
Die biddende hande wys op wie die dorpie se hoop gevestig is.
Viljoenskroon
> VERVOLG VAN BLADSY 17
grootste privaat graanopbergings-
fasiliteit in die Suidelike Halfrond
op die dorp het. Dit was reeds
vroeg duidelik dat hierdie mielie
wêreld is en die eerste graansuiers
is reeds in 1924 opgerig. Dan is
die gewildste skool in die dorp
Salomon Senekal Hoërskool.
Die Sentraal Westelike Koöpe
ratiewe Maatskappy het destyds
grondbonestore en ’n grondbone-
fabriek teen ’n koste van €50 000
opgerig. Dan is die biblioteek op
die dorp in 1951 deur oud-Ad-
ministrateur JJ Fouche geopen.
18
OU GEBOUE, KERKE EN MONUMENTE
Ou geboue is hier in oorvloed.
Die stadsaal is in 1938 deur bou-
meester PP Haasbroek gebou.
Die NG Kerk Viljoenskroon is
in 1946 gebou, gevolg deur die
Trinity Metodiste Kerk in 1951 en
NG Kerk Viljoenskroon-Oos in
1966.
Daar is ook verskeie ander
mooi kerkies, naamlik die
Gereformeerde Kerk en die AGS
Herlewingsentrum. By die NG
Kerk is daar ook ’n Herdenking
aan die Groot Trek, waar die name
van Andries Pretorius, Hendrik
Potgieter, Sarel Cilliers en Piet
Retief op pryk. Die MOTHS
het ook ’n monument naby
die stadsaal om helde te
gedenk.
As jy bietjie wil gaan
ontspan, besoek gerus
die bekende Wawielpark
Vakansieoord daar naby.
Nou weet jy dat daar meer
in Viljoenskroon is as wat jy
aanvanklik gedink het!