Senwes Scenario April / Mei 2017 | Page 18

•••• AREA F OK U S Silo 266 is seker een van die mooiste silo’s in Senwes se stal en het ‘n kapasiteit van 94 400 ton! n o o r k s n e o D j L l E i R Ê V W E BOER IS VILJOENSKROON – DIÉ NOORD-VRYSTAATSE GEBIED WAT NABY DIE VAALRIVIER GELEË IS, IS BOEREKONTREI. DIE MEESTE MENSE RY NET EENVOUDIG VERBY DIE DORPIE OP PAD NA GROTER DORPE EN STEDE SOOS KROONSTAD, KLERKSDORP EN DIE MIELIEHOOFSTAD, BOTHAVILLE. DAAR IS EGTER ‘N PAAR INTERESSANTHEDE VAN DIE DORPIE WAAROOR ONS GRAAG BERIG. AUBREY KRUGER DIE NAAM VILJOENSKROON Die naam van die dorpie het ’n landbou­ge­skiedenis. Die produ­ sent, Johannes Jansen Viljoen, was die eienaar van die plaas waarop Viljoenskroon gevestig is. Dit is waar die Viljoen-gedeelte van- daan kom. Die Kroon-gedeelte is ook gekoppel aan Viljoen omdat Kroon die naam van sy ryperd was, wat as oorlogsperd ingespan is tydens die Anglo-Boereoorlog. DIE STIGTING Die dorp is op die plaas Mahems­ kuil gevestig. Die dorp is in 1921 uitgelê en in 1925 as ’n munisi- paliteit verklaar. Die Gereformeerde Kerk in die dorp. 16 APRIL/MEI 2017 • SENWES Scenario VILJOENSKROON SILO’S Silo 266 Hierdie silo is sekerlik een van die mooiste silo’s in die Senwes stal. Vra jy Silobestuurder, Nico Janse van Rensburg, hieroor uit, is sy antwoord ’n onomwonde ja. Nico is ’n bekende in Senwes-kringe met meer as 32 jaar diens by die maatskappy. Hy is die afgelope 21 jaar al silobestuurder, waarvan die laaste 20 jaar as projekbestuur­der by Viljoenskroon is. Nico is baie trots op sy silo. Hy vertel passievol dat “daar omtrent nie ’n maand verbygaan wat daar nie toeriste ’n draai maak by dié silo nie. Die silo het al ’n paar keer die toeken­ning vir beste silo in Senwes op verskeie geleenthede ingepalm. Viljoenskroon silo 266 het 24 silobuise, 20 buise wat 4 500 ton elk kan huisves en 4 buise met ’n kapasiteit van 1 100 ton elk. Die totale kapasiteit is 94 400 ton. Produsente sal weet dat die silo gevorderde tegnologie gebruik om graan met ’n voginhoud van tot en met 18% te hanteer, met sewe deurlugtingswaaiers wat reeds geïnstalleer is. ’n Klompie van die silodamme by Viljoenskroon.