HA N D E L SN UUS
•••
• •
• •
Antoon Smalberger
Nuwe JCB Verkoopsbestuurder by Senwes Equipment
MET SENWES EQUIPMENT WAT NOU
’N TROTSE VERSPREIDER VAN JCB PRO-
DUKTE IS, IS ANTOON SMALBERGER DIE
REGTE MAN OM TE KONTAK SEDERT HY
OP 1 MAART 2017 DIE POSISIE VAN JCB
VERKOOPSBESTUURDER EN DIVERSE
TOERUSTING BEKLEE.
AUBREY KRUGER
I
n sy nuwe posisie kyk Antoon oorhoofs na ’n hele
paar aspekte, naamlik die aankoop van voorraad,
die opstel van bemarkingsteikens, diens van klante,
nuwe besigheid - wat munisipaliteite en kontrakteurs
insluit - ondersteuning van die produk asook die
opleiding van bekwame personeel en natuurlik onder-
dele.
Hierdie diens word gelewer in die huidige Senwes
bedieningsgebied sowel as die nuwe gebiede, naamlik
Aliwal-Noord, Ugie en die Oos-Londen area, en addi-
sionele JCB-gebiede in die Noord-Kaap omgewing by
Kimberley en Prieska.
Hierdie diens is volgens die nuwe JCB
Verkoopsbestuurder en Diverse Toerusting daarop
gemik om ekstra waarde toe te voeg tot die klant en
sy besigheid. “Ons spreek die huidige leemtes direk
aan en klante hoef nie meer ver te gaan soek vir diens
nie - hulle kan die diens gerieflik in hul tuisdorp ont-
vang. Al 19 werkswinkels het bekwame personeel om
klante te diens en waar daar werkswinkels is, sal daar
natuurlik ook onderdele wees.”
Antoon het amper 40 jaar se ondervinding sedert
hy in 1979 in hierdie bedryf begin werk het. Hy
beklee sy nuwe pos nadat hy reeds vanaf 2010 die
pos as diensbestuurder werkswinkels by Senwes
Equipment beklee het. Die pos was perfek vir sy
groei en tegniese ervaring en produkkennis is in oor-
vloed opgedoen. Antoon het ook ’n wye algemene
kennis van produkte, en meganisasie is deel van sy
belangstelling, sy passie. Hy het verder ook 30 jaar
ondervinding by AFGRI, waar hy van vakleerling tot
gekwalifiseerde ambagsman, werkende voorman asook
werkswinkelbestuurder by verskeie takke werksaam
was. Hy was ook takbestuurder, tegniese bestuurder
en bemarkingsbestuurder vir die Hoëveldstreek.
Hy is ’n landbouman in murg en been en het
op die plaas Schoongezig tussen Volksrust en
Wakkerstroom in Mpumalanga grootgeword. Hy
onderneem om, soos altyd, die beste diens en onder-
steuning vir enige klant te verskaf asook spoedige
aflewering van hoë kwaliteit masjienerie en toerus
ting.
Hy het ’n onwrikbare passie vir klante en om hulle
eerste te plaas. ’n Eenstopdiens met diens en advies.
Klante word genooi om enige sake direk met hom
te bespreek. Sy kontakbesonderhede is steeds dieself-
de, 018 464 7571en e-posadres antoon.smalberger@
senwes.co.za.
SENWES Scenario • APRIL/MEI 2017
15