Senwes Scenario April / Mei 2017 | Page 16

•••• NUUS Senwes Strategie > VERVOLG VAN BLADSY 12 word, sluit in risikomitigasie sowel as handelsmerk-, maatskappy-, kommoditeits- en geografiese diversifikasie. “Tans is ons ten volle aan die landsrisiko’s van Suid-Afrika blootgestel. Met diversifikasie na ander geografiese gebiede kry ons blootstelling aan die risiko’s van ander lande wat kwessies impliseer soos die stabiliteit van regerings, infrastruktuur, toegang tot ander markte, asook wisselkoersdiversi- fikasie.” Dit impliseer op sigself divi- dendstroomdiversifikasie en die onderliggende is dat die Suid- Afrikaanse belegger hopelik ryker in randterme gaan word. Die probleem is dat hy tans armer in euro-, dollar- en pondterme word. Dit is een van die groot redes hoe- kom daar na ander denominasies gekyk word vir blootstelling, sodat ons teen daardie risiko’s beskerm is. Hoe vorder ons met die implementering van ons strategie? 14 DIE INTERNE STRATEGIE Wanneer daar na die portefeulje van Senwes gekyk word, is daar ’n hele reeks gesamentlike onder- nemings wat ’n aantal doelwitte nagekom het, soos byvoorbeeld Hinterland, Prodist, Grasland, Certisure, JD Implemente en Electronic Silo Certs. Uiteraard gaan ons voort om geleenthede te soek wat plaaslike diversifikasie aanbetref. • Interessante inisiatiewe soos die verskansingsfonds saam met Barclays wat ons begin het, wat op hierdie stadium as onderliggende instrument dien van transaksies met ’n hoë waarskyn­likheid van sukses. • Daar word gekyk na die moont­likheid van ander plat- forms of instrumente wat ons kan gebruik in die ver­ skansings­fondsomgewing. • Die onlangse verkryging van nog John Deere agentskap­pe in die Senwes Equipment en JDI- omgewing, wat ons baie groter geografiese blootstelling en kommoditeitsdiversifikasie gee. BUITELANDSE BLOOTSTELLING Na deeglike navorsing is sekere internasionale omgewings sterk oorweeg met betrekking tot regeringstabiliteit, graderingsta- tus, wisselkoersstabiliteit, sagte- kommoditeitsvloeie, toegang tot internasionale markte, juridiese stabiliteit, ensovoorts. Op grond hiervan is sekere lande en maatskappye geïden- tifiseer. Gesprekke word vir die afgelope 18 maande tot 2 jaar reeds gevoer met maatskappye in Ierland, Swede, Duitsland, Australië en Nieu-Seeland, wat in verskillende stadiums van vorde­ ring is. Som­mige maatskappye het ons al vir ’n derde keer besoek en reeds hul volle direksies hierheen gebring. Gesprek word deur- lopend met hierdie maatskappye in Australië gevoer en ons is tans in proses om na be­paalde struk- ture en moontlikhede te kyk.