Senwes Scenario April / Mei 2017 | Page 14

••••
NUUS

Senwes Strategie met Francois Strydom

12
2017 IS REEDS VOLSTOOM AAN DIE GANG EN DIT IS WEER TYD OM SENWES SE STRATEGIE OP DIE TAFEL TE PLAAS OM DIE PAD VORENTOE DUIDELIK UIT TE STIPPEL .
AUBREY KRUGER
Die strategie tans
Eerstens is Senwes se nasionale strategie gerig op die konsolidasie van die landbousektor . Met ander woorde , meer van dieselfde ten einde voordele van skaal te be - werkstellig .
Tweedens gaan dit oor herorganisasie van die onderliggende portefeuljes tydens ’ n konsolidasie . “ Wanneer ’ n landboukonsolidasie gedoen word , vertoon die twee onderliggende portefeuljes nooit presies dieselfde nie . Die doel van konsolidasie is om sodanig te herorganiseer dat beter effektiwiteit , groter skaal en volume , beter fokus , geografiese en kommoditeitverspreiding asook handelsmerk en risikodiversifikasie daardeur verkry sal word ,” sê Francois .
APRIL / MEI 2017 • SENWES Scenario
Verskillend aspekte waarna gekyk moet word
ONDERSTEUNING Die eerste aspek ter sprake is die effektiewe ontplooiing van die ondersteuningsdienstebasis . “ Ons gebruik reeds in ons bestaande gesamentlike ondernemings diensvlakooreenkomste om die effektiwiteit van ons ondersteuningsdienste en koste-effektiwiteit te verhoog . Verder behels die strategie ook om beter en meer effektiewe ontplooiing van ondersteuningsdienste te kan fasiliteer en onderskryf .”
KLANTGERIGTHEID Hier is die maatskappy se fokus op klantgerigte ontplooiing sowel as bediening : “ Die doel van ons besigheid is om besigheidsoplos- sings aan klante te bied wat hulle besighede sal bevoordeel ,” benadruk Francois . “ Dan is die outomatiese gevolg hiervan om ons eie besigheid natuurlik op te bou en te onderhou .”
INTEGRASIE VAN BESIGHEID Die ander aspek is die integrasie van die besigheid . Francois stel dit so : “ As jy klantgerigte oplossings aan jou klant bied , dan beteken dit dat jy ook rangorde en prio riteit aan sy behoeftes moet koppel en bepaal .”
In praktiese terme is die uiteinde dat die individu wat in kontak met ’ n klant is , nie ten alle koste sy produk of diens aan daardie klant moet verkoop nie . Jy moet hier eerder die prioriteit van daardie klant deeglik bepaal . Dit mag dan beteken dat die betrokke personeellid die klant eerder na een van sy kollegas moet neem .
GESPESIALISEERDHEID Hier is dit belangrik om te onthou : “ Binne die besigheid is ons wel gespesialiseerd , maar wanneer ons na die klant toe gaan , neem ons die besigheid op ’ n geïntegreerde wyse na die klant . Die klant het eintlik niks met ons interne spesialisasie te doen nie – sy behoefte is ’ n oplossing vir sy besigheid .”
Hoekom is die diversifikasie en eksternali se ring van besigheid nodig ?
Die rede waarom daar buite ons landsgrense na geleenthede gekyk
> VERVOLG OP BLADSY14