Senwes Scenario April / Mei 2017 | Page 12

•••• NUUS a n m o o r t s e t n e s u d o r Honderde p o p s k E t n e m p i u 2017 Senwes Eq T DIE 2017 SENWES EQUIPMENT EKSPO WAS PROPVOL AKSIE OP WOENSDAG, 8 FEBRUARIE EN DONDERDAG, 9 FEBRUARIE MET NIE MINDER NIE AS 600 PRODUSENTE WAT ELKE DAG NA NAMPO PARK NABY BOTHAVILLE GESTROOM HET. AUBREY KRUGER yd vir aksie op die spreekwoordelike rooi tapyt Kompleet soos ’n modeparade het die een trekker en implement na die ander gevolg en met flitsende ligte en kameras was die kollig op dié groot menere in landbou. Verskeie produkte van John Deere, JCB, Rovic Leers, Falcon, Lemken en Orthman is voor die skare geparadeer met kenners wat demonstrasies behartig het en inligting verskaf het. Verskeie verteenwoordigers van verskaffers het produsente ook meer oor die geskiedenis van hulle produkte en maatskappye vertel. Die demonstrasies was ‘n hoogtepunt. Hier wys die JCB manne die fynere kunsies van hul modelle. Matthew Barkas, JCB se Gebieds- bestuurder: Afrika, was ook een van die sprekers tydens die Ekspo. 10 APRIL/MEI 2017 • SENWES Scenario DAMESPROGRAM Daar was ook ’n volledige damesprogram met die sangeres, Irene-Louise van Wyk, wat ’n paar treffers in die Sampisaal gesing het. Dan het die bekende akteur en motiveringspreker, Leandie du Randt, ook onder andere ’n draai gemaak om die dames toe te spreek. Hier is ’n paar van die foto’s wat by die 2017 Senwes Equipment Ekspo geneem is! Ferdi Pieterse, Uitvoerende Bestuurder van Senwes Equipment, praat met trots oor die 2017 Senwes Equipment Ekspo.