Senwes Scenario April / Mei 2016 | Page 9

A L G E ME E N ••• Senwes Grainlink aangestel moes word om ’n per­ manente terrein te bekom. Vanaf 1974 het die Oesdae oor ’n tyd­ perk van vier dae op die plaas Mar­ thaville in die Bothaville dis­trik plaasgevind. Hierdie besluit was gegrond op die feit dat 80% van die destydse mielieproduksiegebied binne ’n radius van 160 km vanaf Bothaville geleë was en daarom was dit ook makliker bereikbaar met die Klerksdorp-Bothaville teerpad. Die oesdagterrein is steeds in Bothaville en staan nou bekend as Nampo Park. Die Nampo Oesdag was vroeër jare ’n landbouparadys vir mans, maar in 1971 het ’n op en wakker vrou ’n gaping in die mark gesien en egte haarpruike in die Wig Bar vir vrouens uitgestal. Vandag spog Nampo met ’n groot aantal uistallers wat op die behoeftes van die skoner geslag gerig is. Verder verduidelik mnr. Cobus van Col­ ler, voorsitter van die Oesdag, dat hy opgewonde is oor die nuwe wildskomponent by Nampo: “Ek glo beslis dat die uitbreiding van die wildskomponent belangstelling gaan lok. Dit stel ook ’n verdere vertakking van die boerderybedryf voor.” Vanjaar se 50ste Nampo Oes­ dag moet verseker een van die belangrikste gebeurtenisse op jou landboukalender wees! “Dit gaan ’n geleentheid wees vir die hele landboubedryf om landbou te vier. Dit is die plek waar jy op een dag, onder een dak kan sien wat in die mark is, wat die nuutste land­ boutegnologie bied, waar jy met kundiges kan gesels en inligting, pryse en dienste kan vergelyk om dan uiteindelik ingeligte land­ boubesluite te neem”, verduidelik Van Coller. Senwes Grainlink stel innoverende tegnologie by Nampo bekend VANJAAR STEL SENWES Grainlink nuwe, innoverende teg­ nologie bekend by Nampo. Die Grainlink stalletjie by die Nampo Oesdag sal vanjaar weer deur bekwame verkrygers en siloper­ soneel beman word om besoekers uit die veld te slaan met hulle nuwe 3D- en toepassingstegnolo­ gie. Grainlink trap so reg in Nampo se kraal. “In die era waarin ons leef, is vernuwing aan die orde van die dag en daarom kyk die Oesdagkomitee jaarliks na die aanbieding van die Oesdag om te verseker dat die landbouver­ toonvenster aan die voorpunt bly, veral wat tegnologie en produkte betref,” sê mnr. Johan Loxton, Bestuurder: Kommersiële Dienste van Graan SA. Grainlink het onlangs sy tiptop tegnologiese toepassing (App) bekend gestel en sal vanjaar by Nampo gereed staan om die toe­ passing persoonlik vir verbruikers op te stel en hulle stap-vir-stap te verduidelik hoe die toepassing werk en watter inligting dit bied. Daar sal ook TV-skerms beskik­ baar wees wat die opleidingstappe ten toon sal stel. Om die kersie op die koek te sit, verras Grainlink vanjaar besoekers met ’n 3D silomodel en –video. Vir diegene wat nog altyd gewonder het hoe die proses binne ’n silo verloop, hier is jou kans! By die Grainlink stalletjie kan jy deur ’n 3D-ervaring uitvind hoe die inname-, hantering-, en uitnameproses in ’n silo geskied. Met behulp van 3D-brille sal jy voel soos ’n mieliepit wat sy pad deur die silo’s vind. Daar sal ook ’n 3D-silomodel uitgestal word vir besoekers om bietjie te voel en te vat. Laaste, maar nie die minste nie, sal Grainlink weer vanjaar ’n kompetisie by Nampo loods. “Besoekers moet verseker nie die Grainlink stalletjie misloop nie. Daar sal daagliks ’n weerstasie as prys weggegee word,” sê Marietjie Grobler, Projekbestuurder van Senwes Grainlink. Die Grainlink stalletjie sal van­ jaar weer in die Hinterland saal, op dieselfde plek as die vorige jare wees. SENWES Scenario • Apr/Mei 2016 7