Senwes Scenario April / Mei 2016 | Page 62

••• T O E KO MSF O K US by risiko-analise is om te identifiseer welke risiko’s huidiglik bestuur en watter verduur kan word. As jy risiko verduur, word geen aksie geneem. Dit word dikwels gebaseer op hoe drin­ gend of koste-effektief die mitigeringsoefening kan wees. Om risiko te verduur beteken nie dat dit geïgnoreer word. Monitering is belangrik om­ dat veranderinge in die toekoms kan veroorsaak dat die risiko nie langer verduur kan word! • Behandel – Om vooraf op te tree in die hoop om kwesbaarheid te verminder en die negatiewe im­ pak te minimaliseer. • Verplaas – Om risiko van jou besigheid na ’n ander party te verplaas. Byvoorbeeld die gebruik van oesversekering as buffer in jou besigheid in die geval van ’n misoes. • Terminering – Die ongewildste. Dit vereis moei­ like besluite wanneer vooruitsigte van ’n spesi­ fieke situasie negatief is. As ’n boer sou besluit om nie meer mielies te plant nie is die rede selde dat hy nie daarvan hou om mielies te plant nie; dit is omdat hy ’n roete met minder risiko moet kies om sy boerdery van ondergang te red. Veerkragtigheid vereis dat ons paraat, buigbaar en aanpasbaar is. Dit beteken dat ons verhoudings nastreef wat ons in moeilike tye ondersteun. Dit is goed om jou te omring met vriende wat soos jy dink en om konstruktiewe verhoudings te bou met ’n netwerk van mense aan die voorpunt van nuwe tegnologie wat jou op hoogte hou van deurbrake en nuwe ontwikkelings wat die verskil kan wees tussen oorlewing en sukses. Niemand is “selfgemaak” nie soos Isaac Newton dit stel “ons staan op die skouers van reuse”. Monsanto het hul jaarlikse boere-inligtingsdae landswyd gehou en vir die eerste keer is die hele gesin uitgenooi. Ons het gegaan, nie net om die gesin te trakteer nie, maar omdat ons geleer het hoe belangrik dit is om ingelig te bly oor die nuutste tegnologie. Dit is nog ’n aspek van risikobestuur vir die boer. Leer soveel wat jy kan oor nuwe tegnologie en ontwikkeling en besluit wat jou besigheid kan bekostig en jy oor tyd sal implementeer. Vandag se landbouprodusente is eerstens besigheids­mense en daarna boere. Dit sal nie binne­ kort verander nie. Volhoubare sukses sal grootliks bepaal word deur die vermoë om iets vooruit te loop en om vir die toekoms voor te berei. Risikobestuur gaan oor goeie leierskap en die kuns om veerkrag­ tigheid in jou besigheid in te bou en ’n sin van hoop en moontlikheid te kweek. Selfs wanneer dinge moeilik raak. 60 Apr/Mei 2016 • SENWES Scenario