Senwes Scenario April / Mei 2016 | Page 56

••• P R OM O SI E - A R T I K EL Droogte – 2016 DIE VORIGE GESLAG HET ONS ALTYD HERINNER AAN 1933 SE DROOGTE EN HOE HULLE DIT ERVAAR HET. DIE 2015/16 SEISOEN SAL SEKERLIK DEUR DIE HUIDIGE GESLAG ONTHOU WORD AS HULLE “33” DROOGTE. O ngeag die statistiek oor wanneer dit nou eintlik die ergste droogste was, is die realiteit dat ons voor ’n winter staan wat groot uitdagings bied. Die uithaal van onproduktiewe diere, herstrukturering van die kudde, ensovoorts is ’n oefening wat baie veeprodu­sente reeds agter die rug het. Dit is goed om terug te staan en te vra of die probleme wat hierdie seisoen ervaar word, alles aan die droogte toe te skryf is en of onderliggende probleme nie net uitgelig is weens die droogte nie (Pietman Botha – Landbouekonoom, Februarie 2016). Hierdie stelling gee stof tot naden­ Tabel 1. Aanwending van Complete Ruminant* in ‘n droogtesituasie. Koeimassa Totale inname Complete Ruminant-inname Ruvoerinname (Kg) (kg) (Kg) (% Liggaamsmassa) (Kg) (% Liggaamsmassa) 450 8.1 2.9 0.65% 5.2 1.15% 500 9 3.3 0.65% 5.8 1.15% 550 9.9 3.6 0.65% 6.3 1.15% Ooimassa (Kg) Totale inname Complete Ruminant-inname Ruvoerinname (kg) (Kg) (% Liggaamsmassa) (Kg) (% Liggaamsmassa) 50 1 0.5 1.00% 0.5 1.00% 60 1.2 0.6 1.00% 0.6 1.00% 70 1.4 0.7 1.00% 0.7 1.00% * Indien Complete Ruminant nie beskikbaar is nie, kan Herbivore All in One (V22476) as alternatief gebruik word. ke, Pietman! Daar is egter die realiteit dat selfs produsente met goed beplande voervloeistel­sels hul rieme dun moet sny om die kudde produktief te hou vir die komende seisoen, bloot weens die ongeken­ de lae reënval. ’n Baie algemene vraag wat tans gevra word is wat gedoen kan word as geen ruvoer beskikbaar is nie. Die harde realiteit is dat rumendiere ruvoerbenutters is en ruvoer noodsaaklik is. Normale ruvoerinname is 2% - 3% van liggaamsmassa. In ekstreme droogtetye kan ons dit beperk tot so laag as 0.75% van liggaams­ massa maar verkieslik nie laer as 1% (5 kg vir ’n teelkoei) nie. Kragvoer wat energie en pro­teïen insluit moet addisioneel verskaf word. Hier is nie sprake van hoë produksie nie en diere word slegs aan die lewe gehou sonder om langtermyn nadelige effekte oor te hou. Beperk onderhoudsbehoefte tot ’n minimum deur diere skui­ ling teen koue te bied, bewe­ging te beperk deur in klein kampies te voer, koelte en genoeg­same skoon, vars drinkwater te verskaf. Vir produsente wat beperkte ruvoer het en addisioneel krag­­­v­oer moet bygee, kan die riglyne 54 Apr/Mei 2016 • SENWES Scenario TEHU OG LP HINTERLAND DROOGTEHULPBYSTAND AAN KLANTE DRO JOHAN MOUTON RCL FOODS