Senwes Scenario April / Mei 2016 | Page 55

HA N D E L SN UUS AUBREY KRUGER ••• Senwes Equipment tegnici wys hul staal Myburg en Muller tel onder John Deere se top tien SENWES EQUIPMENT TEGNICI HET UITSTEKEND PRESTEER IN DIE FINALE BEEN VAN JOHN DEERE SE TEGNICI VAN DIE JAARKOMPETISIE. T ydens die finaal, wat oor twee dae in Januarie 2016 by die John Deere hoofkantoor in Boksburg plaasgevind het, moes die top finaliste behoorlik uithaal om te wys wat hulle kan doen. Ons twee deelnemers was Myburg de Bruyn, Trekkertegnikus van Senwes Equipment by Wessels­ bron en Muller van Heerden, Trekkertegnikus van Senwes Equipment by Lichtenburg. Aan die einde het Myburg die derde plek opge­raap, met sy vrou, Amy de Bruyn, ook teenwoordig. Muller het in die top tien geëindig. Tydens die twee dae moes hulle tien toetste aflê, vyf prakties en vyf teoreties, waarvan ses op die eerste dag plaasgevind het en die res op die tweede dag. Dié reeks toetse was die pylvak van ’n maandelange proses om die beste tegnici te sif. Eers was daar ’n paar honderd inskrywings, waarna hulle tot slegs 50 uitgedun is. Sen­ wes Scenario het oor die twee berig toe hulle deel was van ’n groep van 11 Senwes Equipment tegnici wat die eer te beurt geval het. Vyf van die elf tegnici was van Kroonstad, twee van Hertzogville en een elk van Bothaville, Lich­ ten­burg, Schweize