Senwes Scenario April / Mei 2016 | Page 54

••• HA N D E LSN U U S AUBREY KRUGER Schoeman lei Grasland G rasland is in goeie hande en Senwes Scenario het by Besturende Direkteur, Etienne Schoeman, gaan inloer. Dit was ’n termyn met talle verwikkelinge by Grasland. Etienne het baie ondervinding, onder andere as Werkebestuurder by ’n Rus­siese maatskappy, Vol­ gehoue Besig­heids­­­verbeterings en Strategiese Projekbestuurder by Hernic Ferochrome en Produksie­ bestuurder by Arcelor Mittal. 52 SY DOEL - DIVERSIFISIKASIE “Dit is die groot uitdaging vir Grasland.” - ’n Mynbou­maat­skap­ py wat die landbou bedien. ’n Reeks projekte is identifiseer wat die besigheid in ’n heel ander rig­ ting kan stuur. Sy motto is geskoei op Steve Jobs se “focus and simplicity.” “Mens moet min genoeg, goed doen.” Komplekse dinge in een­ voudiger pakkies opbreek. Grasland het in laaste jaar heel­ wat her­­struk­turering gehad. Die hoof­­kantoor het van Lichten­burg na Senwes hoofkantoor in Klerks­ dorp geskuif, daar was rasionalise­ ring op myne en die maatskappy is herbemark vir meer sigbaarheid. WIE IS GRASLAND? Grasland is ’n mynboumaatskappy wat fokus op volhoubare besigheid en klantetevredenheid en kwaliteit is vir hul die belangrikste. FAMILIE Etienne is vier jaar getroud met Etienne Schoeman, Besturende Direkteur van Grasland. Yolandi en het twee kinders, Miané (3) en Keira (2). Dié Metallurgiese Ingenieur het ’n B. Ing. graad en het sy honneurs- en meestersgrade in 2003 en 2004 behaal. Hy het buitelandse erva­ ring in Nieu-Seeland en ’n MBA. Sy fokus: “Wye besigheid is my passie asook om mense te ontwik­ kel.” Die Vereeniging-gebore Etienne wat by Overvaal gematrikuleer het, was in sy dae ’n goeie gimnas, waar presisie van kardinale belang is, en so is ons ook verseker dat hy Grasland met nougesetheid sal bestuur en uitstekende resultate sal behaal.