Senwes Scenario April / Mei 2016 | Page 51

D RUPPE L S O P D IE DA K Februarie 2016 reënval as % van die langtermyngemiddeld ••• Dit lyk of El Niño besig is om sy greep te verloor. Die weeklikse NINO 3.4 indeks is besig om te verswak, veral drasties die afgelope tyd. Die seetemperature in die Nino3-4 gebied is besig om af te koel nadat dit die warmste seker nog was in menseheugenis. Bostaande kaart dui die Februa­ rie 2016 reënval as ’n persentasie van die langtermyn Februarie reënval aan. Dit het baie min oor die tra­disionele Senwes gebied gereën gedurende Febru­arie 2016. Dit is slegs oor die Kop­ pies, Vredefort en Sasolburg gebiede waar dit wesenlik gereën het. Weens die seisoen wat so laat ’n aanvang geneem het, is Februa­rie die kritiese maand om­ dat die meeste mielies nou moet bestuif. Mielies is op sy gevoe­ ligste stadium wanneer dit moet bestuif en dan het die gewas vol­ doende vog nodig. Die situasie gee daartoe aanleiding dat die mielie­-opbrengs in veral die wes­ telike gedeelte onder groot druk verkeer indien die gewas aan vogstremming blootgestel is. Die reënval vir die periode 1 Julie 2015 tot 29 Februarie 2016 as % van die langtermyngemiddeld Die kumulatiewe reënval vir die 2015/2016 seisoen, wat vanaf 1 Julie 2015 tot 29 Februarie 2016 strek, word in bostaande kaart aangedui. Die brandpunt is die distrikte Wesselsbron, Bultfontein, Hoopstad en Theunissen. Die distrikte het net ’n derde van die seisoenale reënval ontvang. Die droë seisoen volg op ’n vorige seisoen wat ook droog geëindig het. Ons vertrou dat goeie reën betyds sal val. Hier is veral baie sonneblom laat in die seisoen aangeplant. Die sonneblom is in die meeste gevalle nog baie jonk en benodig heelwat vog om die produksieproses te kan voltooi. OPSOMMING EN GEVOLGTREKKING Ons het almal gehoop dat die voorspelde El Niño soos geduren­ de die 1997/98 seisoen ongesiens verby sou gaan. Dit het egter nie, en sy invloed was dieselfde as in die 1963/64, 1972/73, 1983/84, 1991/92 en die 2006/07 seisoene, wat sterk El Niño-tipe seisoene was en veral die westelike gedeelte van die somersaaigebied wat erg deurgeloop het onder droogte. Ons bid, hoop en vertrou dat ons van die El Niño-spook gevrywaar gaan wees vir die volgende paar jaar. Daar is baie lande wat braak lê en wat nie geplant kon word nie. Die verwagting was dat koring waarskynlik hierdie seisoen op groter skaal verbou sou word. Met die situasie soos tans beskryf, is daar nie eens ’n geringe kans dat ’n mens dit kan waag om koring te plant nie. Die grondprofiel moet ten minste oor 120 millimeter plantbeskikbare water beskik voor­ dat ’n mens enigsins daaraan kan dink om koring te plant. Koring word gedurende die jaar geplant wanneer dit gewoonlik nie reën nie. Dit sou finansiële selfmoord wees om koring op grond te plant wat nie oor ge­noegsame grondvog beskik nie. Die ideaal is dat die grond oor meer as 300 milli­meter plant­beskikbare vog moet beskik voordat jy koring oorweeg. ’n Alge­mene riglyn is dat ongeveer 7 kg koring vir elke millimeter plantbeskikbare vog in die grond verwag kan word. SENWES Scenario • Apr/Mei 2016 49