•••
D RUPP E LS OP DI E DA K
Langverwagte reën
ontwyk meeste in gebied
THYS GROBBELAAR
SENIOR GRAANANALIS, SENWES
GRAINLINK
DIE VOORSPELDE EL NIÑOSEISOEN HET IN ALLE ERNS
TOEGESLAAN EN VERAL
DIE WESTELIKE GEDEELTE
VAN DIE SOMERREËNVAL
GEBIED VAN SUID-AFRIKA
BAIE NADELIG GERAAK.
P
rodusente het in die eerste
plek gesukkel om hul
somergewasse betyds in die grond
te kry. Daarna het dit klimatolo
gies maar sukkel-sukkel in die
weste gegaan. Wat veral kenmer
kend van hierdie seisoen is, is die
kol-kol effek wat veral geluksreën
buie gehad het. In een distrik is
daar produsente wat ’n normale
oes verwag terwyl ’n produsent nie
een kilometer verder nie, ’n totale
misoes belewe.
REËNVAL HIERDIE SEISOEN
Die meegaande kaart van die
Suid-Afrikaanse Weerdiens dui
die gebiede aan wat 0% tot 50%,
50% tot 75% en 75% tot 100%
van die normale kumulatiewe
seisoenale reënval hierdie seisoen
ontvang het. Dit is duidelik dat
die westelike gedeelte