Senwes Scenario April / Mei 2016 | Page 47

R UB R IE K koers ry wipplank en moet dop­ gehou word. Die Nasionale Oes­ skattingskomitee het die tweede oesskatting vir die seisoen op 25 Februarie uitgebring. In die weste van die somerreënvalgebied kan in meeste gevalle nog nie ’n oes­ skatting gedoen word nie omdat die meeste mielies nog nie koppe gevorm het nie. Die kanse is goed dat die volgende NOK-skatting baie laer vir die weste aangepas kan word. Die NAMC het in sy nuut­ ste skatting van 29 Februarie 2016 die verwagte witmielie-invoe­re op 1.15 miljoen ton geskat en die verwagte geelmielie-invoere op 2.75 miljoen ton. Grafiek 3. Die prysbeweging van mielies, sojabone en SRW-koring op CBOT. Grafiek 4. Witmielies: Spotprys, berekende en invoerpryse (Randfontein). boonprys het eers later sy dalen­ de tendens begin, maar beweeg sywaarts. Tensy die Amerikaners ’n strawwe droogte die volgende jaar ervaar, word verwag dat die mie­ lie- en koringprys vir eers op dié vlakke gaan bly. Om op te som: die internasio­ nale sagtekommoditeitpryse is aan die pap kant en wat ons pryse aan­ betref kan ons nie veel ondersteu­ ning van daardie kant af verwag nie. PLAASLIK Witmielies en geelmielies Wit- en geelmielies het vanaf R500 bo die berekende invoerpariteit­ prys wat gedurende Janua­rie 2015 gegeld het, tot R750/ton hoër as die berekende invoer­pariteitsprys ••• beweeg gedurende Maart 2016. Ons weet dat Suid-Afrika van ’n groot mielie-oorskot tot ’n mie­ lietekort binne een seisoen kan beweeg. Veral ten opsigte van witmielies het die Safex kontant­ prys tot heelwat bo die berekende invoerpariteit beweeg. Die droogte in witmielieproduserende gebiede en die onsekerheid oor waar ge­ noegsame witmielies ingevoer kan word, gee aanleiding tot die situa­ sie. Die droogte is in volle swang en daar word oor die kort termyn nie uitkoms gesien nie. Dit gaan waarskynlik die mielieprys op hier­ die vlakke tot ten minste Desem­ ber 2016 ondersteun. Die rand/ dollar wisselkoers is ’n verdere faktor wat die prys op ’n stadium sterk ondersteun het. Die wissel­ Oliesade kompleks Nieteenstaande groot wêreld- en Amerikaanse oordragvoorrade het ons sonneblom- en sojaboonpryse sterk opwaarts beweeg. Die El Niño-seisoen met laer reënval en hoë temperature het sonneblomen sojaboonopbrengste negatief beïnvloed. Dit het wel na die eerste oesskatting van die NOK redelik laer beweeg. Die versterk­ ing van die rand het ook saamgeval met die eerste oesskatting, wat die prys onder druk plaas. Die sonneblom- en sojaboonprys het vanaf die begin van Januarie begin daal as gevolg van die verwagte stroopdrukte. Die sonneblomprys het gestyg weens die droogte in die EU-sone, wat sonneblom en son­ neblomprodukte skaars en duurder maak. ‘n Verklaring vir die skerp styging in die pryse van die twee kommoditeite is te vinde in die berekende vraag- en aanbodsituasie vir sonneblom en sojabone. Sonneblom Hoewel daar die seisoen amper 110,000 hektaar meer sonneblom volgens die NOK aangeplant was, is die verwagte opbrengs soveel laer dat 90,000 ton ingevo \