Senwes Scenario April / Mei 2016 | Page 46

••• RUBR I E K THYS GROBBELAAR GRAANMARKVOORUITSIGTE: Maart 2016: Markverwikkelinge AGTERGROND Internasionale fundamentele faktore: Wêreld ekonomiese toestande, of verwagte toestande, speel ’n groot rol in die prysvorming van verskeie kommoditeite soos energie, metale en sagtekommoditeite soos grane en oliesade. Ons kan goed onthou hoe kommoditeitspryse drasties in 2007 en 2008 gestyg het. Chi­ na se BBP-groeikoers was in die omgewing van 16% en projeksies is gemaak dat dit binne 5 jaar tot 20% kon styg. Daar was vrese dat die wêreld nie genoegsame energie, metale en voedsel gaan hê om aan die enorme geprojekteerde vraag te voldoen nie. Dit het die meeste kommoditeite sterk gesteun, maar toe kom die finansiële krisis van 2009, wat pryse van kommoditeite laat vryval het. Die wêreldekono­ mie het weer ’n bietjie kop opgetel, maar weer teruggesak. Die wêreld Grafiek 1. Die wêreld ekonomiese groei in terme van Bruto Produksie Waarde (IMF). Grafiek 2. Die oordragvoorraad as 'n persentasie van verbruik van die belang­r ik­ ste gewasse in die wêreld. 44 Apr/Mei 2016 • SENWES Scenario se ekonomiese groeikoers in terme van BBP is net bo die 3%. Die verwagting is dat dit weer kan herstel na 4%. Op hierdie stadium plaas die trae ekonomiese groei­ koers in die wêreld ’n redelike demper op kommoditeitspryse soos grane en oliesade. Internasionale graan- en oliesadesituasie: Weens verskeie faktore het die wêreld se oordragvoorraad van die vernaamste grane en oliesade as ’n persentasie redelik vinnig die afgelope vier jaar gestyg. Een rede is die verlangsaming van die wêreldekonomie. Die grootste produksiegebiede het die afgelope jare baie goeie toestande beleef en deur genetiese vordering verbeter die meeste gewasse se produksie­ vermoë. Indien ’n kommoditeit se oordragvoorraad hoër as 15% van die verbruik styg, plaas dit ’n dem­ per op die prys. Daar is dus geen dringendheid om op voorraad te sit nie aangesien daar volgens die mark genoeg van die kommodi­ teit in die wêreld beskikbaar is. Die wêreldoordragvoorraad van mielies, sojabone en koring as ’n persentasie van verbruik is almal bo die vlak van 15%. Grafiek 2 illustreer die verloop van die oor­ dragvoorraad as ’n % van die ver­ bruik in die wêreld. Al drie gewasse wat onder bespreking is het amper dieselfde prystendens gevolg. Die mielie- en koringprys beweeg die afgelope 15 maande reeds sywaarts. Die soja­